Abell 36 is 'n dowwe, silindervormige planetêre newel sowat 780 ligjare van die Aarde af in die strrebeeld Maagd. Dit is in 1955 deur die Amerikaanse sterrekundige George Abell ontdek.
Die newel omring 'n sontipe ster wat sy buitenste lae wegstoot en so Abell 36 vorm, en besig is om 'n witdwerg te word. Die newel het na raming omtrent 10 000 jaar gelede gevorm.
Verwysings
Skakels ESO Press Release from 22 January 2019
Kategorie:Maagd (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels