thumb|220px|Die model van 'n stoomlokomotief wat met Meccano gebou is.
Meccano is die handelsnaam van 'n modelboustelsel wat in 1898 deur Frank Hornby in Liverpool, Engeland, geskep is. Dit bestaan uit herbruikbare metaalstroke, plate, wiele, asse en ratte, asook plastiekdele wat daaraan vasgemaak kan word deur middel van boute en moere. Daardeur kan werkende modelle en meganiese toestelle gebou word.
In 1913 is 'n baie soortgelyke boustel onder die handelsnaam Erector bekend gestel. In 1990 het Meccano Erector gekoop en sy teenwoordigheid wêreldwyd gevestig. In 2013 is Meccano deur die Kanadese speelgoedmaatskappy Spin Master gekoop. Meccano het tot in 2023 'n vervaardigingsaanleg in Calais, Frankryk, gehad.Roger Marriott (2012) Meccano, Shire Books, Colchester, UK
Geskiedenis Meccano is uitgevind deur die Engelsman Frank Hornby en is in 1901 gepatenteer. In die begin is die stelsel "Mechanics Made Easy" genoem. In 1907 is Meccano geregistreer as 'n handelsmerk in Engeland en in 1912 in Duitsland. Meccano het 'n baie gewilde speelding oor die grootste deel van die wêreld geword, en is ook wyd nageboots.
In 2013 het Spin Master van Kanada Meccano gekoop en dié speelgoedmaatskappy is nou die vervaardiger.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Speelgoed