Sheila Meiring Fugard (Gebore in 1932 in Birmingham, Engeland as Sheila Meiring) is 'n Brits-Suid-Afrikaanse skryfster. Sy skryf in Engels, en is getroud met die dramaturg Athol Fugard.
Lewe Sheila Meiring het in 1940 saam met haar ouers na Suid-Afrika verhuis. Sy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer en in teateropvoerings verskyn. Sy het Athol Fugard ontmoet terwyl sy in een van sy toneelstukke verskyn het; Hulle is in 1956 getroud.
In 1972 is Fugard se eerste roman, The Castaways, gepubliseer, waarvoor sy die CNA-prys en die Olive Schreiner-prys ontvang het. Die roman Rite of Passage is in 1976 gepubliseer en A Revolutionary Woman in 1983. Laasgenoemde roman speel af in die Karoo in die 1920's, en handel oor 'n volgeling van Mahatma Gandhi. Die Engelse vrou word deur haar Indiese kêrel in die steek gelaat. Hierna is sy betrokke by 'n verhouding met 'n jong bruinman, wat egter 'n verstandelik gestremde Boeremeisie verlei het en daarna deur die Boere agtervolg word.Beskrywing by kirkusreviews.com (Engels), besoek op 28 April 2017
Fugard het ook gedigte geskryf; In 1975 is die digbundel Threshold gepubliseer. In 1983 is Mythic Things gepubliseer. In 1984 is haar biografie van die Boeddhistiese non Tenzin Palmo gepubliseer.
Haar man het in die verhoogweergawe van The Castaways gespeel. Sy het etlike jare in Kalifornië deurgebring. Sy woon sedert 2014 apart van haar man.edelstein- hummingbird Athol Fugard Gets Personal In 'Shadow of the Hummingbird' At Long Wharf. In: Hartford Courant (Engels), besoek op 28 April 2017 Hul dogter Liza Fugard, wat in Kalifornië woon , is 'n aktrise en skryfster.
Toekennings 1972: CNA-prys vir The Castaways 1973: Olive Schreiner-prys vir The CastawaysPryswenners by englishacademy.co.za (Engels), besoek op 28 April 2017
Werke Romans 1972: The Castaways. Macmillan, Johannesburg. 1976: Rite of Passage. Ad Donker, Johannesburg. 1983: A Revolutionary Woman. George Braziller, New York.
Poësie 1975: Threshold. Ad Donker, Johannesburg. 1983: Mythic Things. Ad Donker, Johannesburg. 1992: Reclaiming Desert Places. Indlovu. 2007: The Magic Scattering of a Life. Free Lizard Press.
Drama 2007: The San Woman.Kort verslag by rodrolle.photoshelter.com (Engels)
Biografie 1984: Lady of realisation: a spiritual memoir. Maitri Publications, Eindhoven, .
Verwysings
Ekstere skakels Drie Gedigte en Portret by mythopoetry.com (Engels) "Sheila Fugard" (Indeks van artikels) by Highbeam.com.
Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse digters