Sarah Elizabeth Ruden (* 1962) is 'n Amerikaanse digteres, skryfster en essayis. Haar werk handel oor Bybelse filologiese kwessies en religieuse kritiek en-interpretasie. Sy vertaal ook werke uit die klassieke letterkunde.
Vroeë lewe Sarah Ruden is gebore in 1962 in Ohio en het van vroegs af behoort aan die United Methodist Church.The God of Running Water. Lapham's Quarterly. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021. Sy het 'n M.A.-graad verwerf by die Johns Hopkins Writing Seminars, en 'n Ph.D. in klassieke filologie aan Harvard-universiteit.
Ruden het, bykomend tot haar akademiese aanstellings, gewerk as redaktrise van mediese joernale en tydskrifte, as bydraer tot Amerikaanse joernaaltydskrifte,Muck Rack profile: Sarah Ruden en vir die Suid-Afrikaanse ondersoekende tydskrif noseweek.Johns Hopkins Magazine Alumni spotlight: Sarah Ruden
Ruden is deel van die Religieuse Genootskap van Vriende (algemeen bekend as kwakers), en was 'n aktivis gedurende die tien jaar wat sy gewoon het in post-1994 Suid-Afrika. Sy was 'n tutor vir die South African Education and Environment Project.Thoughts on Mda, Ndebele and Black South African Writing at the Millennium The Iowa Review. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021.The Greatest Thing Since Sliced Bread. Plough Quarterly. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021. Voor en ná haar terugkeer na die Verenigde State in 2005 was Ruden betrokke by ekumeniese uitreikingsaksies, en het 'n aantal artikels en essays gepubliseer in beide liberale en konserwatiewe publikasies.Sarah Ruden, National Review
Loopbaan Sy was 'n lektrise in klassieke studies aan die Universiteit van Kaapstad. In 2016 is 'n Whiting-studiebeurs vir kreatiewe niefiksie aan haar toegeken om haar in staat te stel om haar vertaling te voltooi van Augustinus se Belydenis (2017).
Sy is 'n voorstander van die popularisasie van antieke tekste.Response: Ruden on Clayton on Ruden. Bryn Mawr Classical Review. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021.
Ruden is sedert 2018 'n besoekende navorser aan die Universiteit van Pennsilvanië.UPenn People: Sarah Ruden
Toekennings In 2010 is 'n Guggenheim-Genootskap aan Ruden toegeken ten einde haar in staat te stel om haar vertaling van Aischulos se Oresteia te voltooi. Sy het in 2016 'n Whiting-studiebeurs vir kreatiewe niefiksie ontvang om haar vertaling van Augustinus se Belydenis te voltooi.Whiting Nonfiction Creative Grantees Haar vertaling van die Evangelies is gedeeltelik befonds deur 'n Robert B. Silvers-studiebeurs in 2019.Robert B. Silvers Grant for Work in Progress Award Winners
Persoonlike lewe Ruden is sedert 1992 'n kwaker. Haar geloof as kwaker vind inslag in die wyse waarop sy haar werk as vertaler aanpak.The Sacred Bonds of Sound. Plough Quarterly. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021.Books about Life: Translating Ancient Texts in 2021. An Interview with the Biblical Translator Sarah Ruden. Friends Journal. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021.Sarah Ruden on the Nature of Translation . The Reeds. Opgespoor en besoek op 4 Junie 2021.
Gepubliseerde werke Poësie (Vir die werk ontvang sy die CNA-prys vir 1996)
Vertalings
Hersien en uitgebrei (Drukpers van Yale-universiteit, 2021).
Aischulos (2016). The Oresteia, in The Greek Plays (reds. Mary Lefkowitz en James Romm). Modern Library.
Plato (2015). Hippias Minor or The Art of Cunning: A new translation of Plato’s most controversial dialogue (vertaling). Met 'n inleiding en illustrasie deur Paul Chan; essay deur Richard Fletcher. Badlands Unlimited en die DESTE Foundation for Contemporary Art.Review by Roslyn Weiss. Brill. Besoek op 4 Junie 2021. Anoniem (2021). The Gospels (vertaling) Modern Library.Penguin House Website
Bybelse interpretasie
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Amerikaanse digters Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1962