regs|duimnael|Dmitri Sjostakowitsj Die Wals No. 2 (ook bekend as Essay 99 of die Russiese Wals) deur die Russiese komponis Dmitri Sjostakowitsj is gekomponeer in 1938.

Geskiedenis Volgens Matvey Blanter het “Ons ooreengekom op 'n jazz-komposisie, en Sjostakowitsj het my na die stasie geneem. Kort voor lank het hy drie musiekstukke vir ons orkes na Moskou gebring. Ons het by die woonstel van Knusjewitski bymekaargekom om na die opvoering daarvan te luister. Die instrumentasie het wonderlik geklink, maar die musiek was nie jazz nie. Hy het ingesit by die orkes, vir sowat 'n uur gebly, en veral na die saxofoonspeler en tromspeler geluister. Toe voeg hy nuwe instrumentasie by, en alles het ongelooflik geklink.”. Die oorspronklike bladmusiek is verloor tydens die Groot Patriotiese Oorlog. Dit is die eerste keer op 28 November 1938 opgevoer.

Die werk het aanvanklik gewildheid bereik danksy die gebruik daarvan in Mikhail Kalatozov se rolprent “First Echelon” in 1955.

In 1988 is Wals No. 2 in Londen by die Barbican Hall opgevoer. Die orkes is gelei deur Mstislav Rostropovich. Die wals het onteenseglik sy grootste gewildheid bereik danksy die gebruik daarvan in Stanley Kubrick se laaste rolprent, Eyes Wide Shut. Die musiek is opgevoer deur die Koninklike Concertgebouw-orkes onder leiding van Riccardo Chailly.

Verwysings

Letterkundige bronne Krzysztof Meyer. Шостакович: Жизнь. Творчество. Время (Sjostakowitsj: Lewe. Skepping. Tyd). Vertaal uit die Pools in Russies deur E. Gulyaeva. - M.: Young Guard, 2006. - 439 bladsye Christine Lee Gengaro. Listening to Stanley Kubrick: The Music in His Films (2013)

Eksterne skakels 'n Uur-lange video van die wals op Youtube Sikorski se Sjostakowitsj-katalogus Die tragiese verhaal van Sjostakowitsj se Wals No. 2 Sjostakowitsj se Jazz Suites Nos. 1 and 2 - Resensie Alexander Zhurbin: Ek skep vrylik, soos 'n voël

Kategorie:Komposisies