Die blouharpuis (Curio ficoides, sinoniem met Senecio ficoides), in Engels bekend as die flat-leaved senecio, is 'n vetplantspesie in die genus Curio (Asteraceae), wat inheems is aan Suid-Afrika.
Beskrywing duimnael|links|Die spreidende, klouterende vorm duimnael|links|Nabyskoot van bloeiwyses en blomhofies 'n Spreidende vetplant, wat meer as 1 meter hoog kan groei. Die bros, sukkulente takkies werp hul laer-groeiiende blare af. Die blare is blougroen tot blougrys, gepruïneer, sukkulent, orent, spits en sywaarts afgeplat, met deursigtige lyne wat weerskante afloop. Die blomhofie is sonder straalblomme, en word aan 'n eindstandige, vertakkende bloeiwyse gedra.
Verwante Die blouharpuis is poliploïed (2n=100). Die spesie se naaste verwante is egter Curio repens, Curio radicans, Curio herreanus en Curio hallianus, wat oor 'n wisselende getal chromosome beskik. Dit word maklik met Curio talinoides verwar, aangesien dié 'n vergelykbare groeivorm het. Die blare van C. talinoides is egter silindries, en rond in deursnit. In teenstelling is die blare van C. ficoides meestal redelik lemvormig en sywaarts afgeplat.G. Rowley (1994). Succulent Compositae: A Grower's Guide to the Succulent Species of Senecio & Othonna. Strawberry Press. , 9780912647128
Verwysings
Eksterne skakels
ficoides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika