duimnael|regs|Die Britse Akademie se perseel by 10–11 Carlton House Terrace.

Genoot van die Britse Akademie (post-nominale letters: FBA, Afrikaans: GBA) is 'n prys wat toegeken word deur die Britse Akademie aan leidende akademici vir hul uitstaande bydrae in die geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe. Die kategorieë is:

Genote – navorsers wat woonagtig is in die Verenigde Koninkryk Korresponderende Genote – navorsers wat oorsee woon Eregenote – 'n akademiese eretitel (waarvolgens die post-nominale letters "Hon FBA" gebruik word) Oorlede Genote – Vorige genote van die Britse Akademie

Die toekenning is gebaseer op gepubliseerde werk, en Genote mag die post-nominale letters FBA (Afrikaans: GBA) gebruik. Voorbeelde van Genote is M.I. Finley, Edward Rand, Mary Beard, Roy Porter, Nicholas Stern, Michael Lobban, M.R. James, Friedrich Hayek, John Maynard Keynes en Rowan Williams.

Verwysings

Eksterne skakels Die akademie se webblad

Kategorie:Akademie