QV80 is die grafkelder van koningin Tuia, die vrou van farao Seti I en moeder van Ramses II, in die Vallei van die Koninginne in Thebe, Egipte.

Karl Lepsius noem slegs dié grafkelder.Denkmaeler aus Aegypten und Aethiopien nach den Zeichnungen der von Seiner Majestät dem Koenige von Preussen, Friedrich Wilhelm IV., nach diesen Ländern gesendeten, und in den Jahren 1842–1845 ausgeführten wissenschaftlichen Expedition auf Befehl Seiner Majestät. 13 vols. Berlin: Nicolaische Buchhandlung. 'n Beskrywing met meer besonderhede word gegee deur Demas en Neville vir die Getty-bewaringsinstituut.Demas, Martha, and Neville Agnew, reds. 2012. Valley of the Queens Assessment Report: Volume 1. Los Angeles, CA: Getty Conservation Institute. Getty Conservation Institute, skakel na artikel

Ligging en versiering Die grafkelder lê wes van QV66, die grafkelder van Nefertari.Porter, Bertha and Moss, Rosalind, Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Statues, Reliefs and Paintings Volume I: The Theban Necropolis, Part 2. Royal Tombs and Smaller Cemeteries, Griffith Institute. 1964, pg 766-7 Tuia is vermoedelik dood omstreeks Jaar 22 van Ramses II se bewind.

Die geverfde tonele is nie goed bewaar nie weens die latere gebruik van die kelder. Verskeie voorwerpe, soos die kop van 'n doodsfles, fragmente van 'n sarkofaag en dele van oesjabti's, is in die graf gevind.

Die grafkelder is hergebruik in die Derde Oorgangstydperk van Egipte, en moontlik die Ptolemeïese en die Koptiese Tydperk.

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project Theban Mapping Project] – Plan van die grafkelder en ander besonderhede.

Kategorie:Vallei van die Koninginne