Vanadium(II)oksied of vanadiummonoksied is 'n verbinding van vanadium in sy 2+ oksidasietoestand en suurstof met die chemiese formule VO

Kristalstruktuur Vanadiummonoksied kristalliseer in die kubiese haliet-struktuur (B1 in die strukturbericht-klassifikasie) en kan mengkristalle met vanadiumnitried en -karbied vorm. Vanadiummonoksied is egter 'n sterk niestoigiometriese verbinding en kan as geskryf word, met y wat wissel van ongeveer 0,80 tot 1,25. Die struktuur daarvan is wanordelik en bevat nie net vakatures van vanadium of suurstof in die oktaëdriese holtes van die kubiese halietstruktuur (B1) nie, maar kan ook vanadiumatome in die andersins onbesette tetraëdriese posisies bevat. Dit herinner aan die bismuttrifluoriedstruktuur (D0). Hierdie struktuur het dieselfde ruimtegroep Fmm as die B1-struktuur, maar in word sy tetraëdriese 8c-posisies deur fluoriedione beset. In vanadiummonoksied is hul besetting baie minder as in . KMR toon dat die vanadiumione in die tetraëders waarskynlik V-ione is.

Uitgloeiing van monsters met y=1,29 by 970K lei tot 'n geordende fase () met 'n tetragonale struktuur en ruimtegroep I4/amd (#141) Die oorgang is van die eerste orde.

Verwysings

oksied kategorie:Anorganiese verbindings