Die bruintreksprinkaan (Locustana pardalina)Walker, F. (1870) Catalogue of the Specimens of Dermaptera Saltatoria in the Collection of the British Museum 4: 725 is 'n mediumgroot treksprinkaanspesie in die monotipiese genus Locustana.Uvarov BP (1921) Trans. Entomol. Soc. London 7: 162OSF: Locustana (besoek op 2 Februarie 2018) Dit is inheems aan Suider-Afrika en toon klassieke geselligheidsgedrag met digtheid-afhanklike fase-polimorfisme.
Biologie
Beheer duimnael|links|'n Voetgangerkudde naby Riemvasmaak Erupsies van voetgangerkuddes kom gereeld in die Karoo voor en word deur boere met insekdoder-spuitoperasies beheer. Dié is gewoonlik deltametrien met gemotoriseerde misblasers wat vir ultra-lae volume toediening gestel is, en deur die regering gesubsidieer word.
As gevolg van die omgewingsensitiwiteit van die Karoobioom en kommer oor toksisiteit vir weidende skape, is 'n biologiese plaagdoderproduk genaamd 'Green Muscle' deur die LUBILOSA-program in samewerking met die Suid-Afrikaanse Plantbeskermingsinstituut getoets. Die aanwending van die nuwe toedieningstegniek is op die entomopatogene swam (Metarhizium acridum) gebaseer wat kompenseer vir die stadige beheertempo.Price, R.E., Bateman, R.P., Brown, H.D., Butler, E.T. and Müller, E.J. (1997) Aerial spray trials against brown locust (Locustana pardalina, Walker) nymphs in South Africa using oil-based formulations of Metarhizium flavoviride. Crop Protection, 16, 345-351
Kyk ook Rooivlerksprinkaan
Verwysings
Kategorie:Sprinkane Kategorie:Rampe Kategorie:Peste