Silikontetrachloried is 'n verbinding van silikon en chloor met die formule .
Chemiese eienskappe Silikontetrachloried word gewoonlik teen ongeveer 400 °C uit die elemente vervaardig.
Sorg moet gedra word om alle vog te vermy. Chloor word gedroog deur dit deur gekonsentreerde swaelsuur te lei. Rou silikon bevat dikwels yster wat as ystertrichloried sal sublimeer. Dit moet toegelaat word om neer te slaan voordat die -damp gekondenseer word. By reaksietemperature net onder 400 °C kan klein hoeveelhede hoër silikonchloriede soos en gevorm word wat deur gefraksioneerde distillasie verkry kan word.
Met water hidroliseer dit tot soutsuur en kieselsuur:
Gebruike Dit word gebruik om militêre rookskerms en om silikone, saamgesmelte silikaglas, rooksilika, silika-optiese golfleiers, transistors en ander chemiese produkte te vervaardig.
Verwysings
chloried kategorie:Verbindings van chloor kategorie:Anorganiese verbindings