Petrusburg is 'n klein landboudorp in die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Bloemfontein en Kimberley. Die dorp is genoem na Petrus Albertus Venter. Sy boedel het die geld voorsien om die plaas Diepfontein te koop waarop die dorp uitgelê is. Die dorp en omliggende omgewing (Bolokanang) word bedien deur die Gekombineerde Skool AJC Jooste.

Distrik Gemengde boerdery word beoefen in die distrik van 3 000 km2 wat in 1863 uit die distrik Fauresmith gesny is. Skaapboerdery is die belangrikste tipe veeboerdery, terwyl mielies en aartappels die belangrikste gewasse is. Daar is verskeie soutpanne in die omgewing. Die Slag van Poplar Grove het hier naby plaasgevind tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Sien ook Gereformeerde kerk Petrusburg Lys van dorpe in Suid-Afrika Emmaus, middelpunt van Suid-Afrika, ongeveer 20 km van die dorp.

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat