Vir die landvorm ('n koppie of eilandberg), sien inselberg.

duimnael|links|240px|Koppies se huidige NG moederkerk. Koppies is 'n dorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Kroonstad en Sasolburg.

Geskiedenis Die naam is afgelei van die naam van die plaas Honingkopjes waarop die dorp onder die bestuur van die destydse Departement van Lande in 1910 uitgelê is. Munisipale status is in 1926 aan die dorpie toegeken.

Distrik Die distrik is 1 550 km2 groot. Mielies, graansorghum, grondbone, wol, skaapvleis en suiwel is van die vernaamste produkte wat geproduseer word. Daar is ook 'n poeiermelkfabriek in die dorp. Daar is 'n natuurreservaat rondom die Koppiesdam buite die dorp.

Sien ook Koppiesdam Gereformeerde kerk Koppies Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Koppies

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat