Edenville is 'n klein landboudorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 48 km noordoos van Kroonstad en 50 km suidwes van Heilbron.
Geskiedenis Edenville is op 29 Oktober 1912 op die plase Welgelegen, Landgoed en Erfdeel-Noord aan die bolope van die Doringspruit geproklameer nadat die plaaslike gemeenskap petisies vir 'n nuwe dorp ingedien het. Die dorp het in 1922 'n munisipaliteit geword. Die naam verwys blykbaar na die Bybelse tuin van Eden.
Die NG Gemeente Edenville is op 13 Augustus 1913 gestig. Die kerkgebou, een van Johannes Rienk Burg se vyf NG kerk-ontwerpe, is op 7 April 1922 deur ds. J.D. Kestell ingewy.
Distrik Die belangrikste produkte geproduseer is mielies, vleis en suiwelprodukte. Daar is ook 'n groot graanmeule op die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat