GlasgowGlaschu | Glesca, Glesga 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter|border Land Land (VK) Historiese graafskappe LanarkshireRenfrewshireDunbartonshire Koördinate Stigting Laat 6de eeu Stadstatus 1170's Oppervlakte: - Totaal 175 vk km Hoogte bo seevlak m Bevolking: - Totaal (2019) 633 120 National Records of Scotland – Mid-2019 Population Estimates by Council Area in Scotland: Glasgow City Council Area Profile. Besoek op 28 Mei 2020 - Bevolkingsdigtheid 3607,5/vk km Tydsone UTC ±0 (GMT) - Somertyd UTC +1 (BST) Lord Provost Jacqueline McLaren (SNP) Amptelike webwerf www.glasgow.gov.uk
Glasgow (Engels: [ˈɡlɑːzɡəʊ], plaaslik: [ˈɡlazɡo]; Skots: Glesga; Skots-Gaelies: Glaschu [ˈkɫ̪as̪əxu]) is die grootste stad in Skotland en die derde mees bevolkte in die Verenigde Koninkryk, met 'n bevolking van 633 120 (soos op 30 Junie 2019). Sy bewoners word in Engels Glaswegians of kort Weegies genoem. Die stad is aan die Clyde-rivier in die Westelike Sentrale Laagland van Skotland geleë.
duimnael|links|John Atkinson Grimshaw: Shipping on the Clyde. Olieverf op bord, 1881 duimnael|links|Die vergadersaal van Glasgow se stadsraad in die Glasgow City Chambers (1889) duimnael|links|People Make Glasgow...Die ou Glasgow College of Building and Printing, Glasgow se eerste voorbeeld van moderne Internasionale Styl-boukuns, word tans herontwikkel as 'n hotel met plaza duimnael|links|Queen Street Glasgow het van 'n klein landelike nedersetting teen die Clyde tot een van die grootste seehawens in Groot-Brittanje ontwikkel. Die Middeleeuse biskopsetel, waar later, in die 15de eeu, die Universiteit van Glasgow gestig is, sou uiteindelik 'n beduidende sentrum van die 18de eeuse Skotse Verligting word. Vanaf die 18de eeu was Glasgow een van die belangrikste Britse seehawens vir die transatlantiese handel met Brits-Noord-Amerika en die Britse Wes-Indiese Eilande.
Die nywerheidsomwenteling het van Glasgow en die omliggende gebiede een van die wêreld se grootste sentrums van swaar nywerhede gemaak waar skeepsbou en mariene ingenieurswese gefloreer het. 'n Groot aantal innovatiewe en beroemde skepe is hier gebou. Gedurende die Victoriaanse en Edwardiaanse tydperk het Glasgow die trotse bynaam "Tweede Stad van die Britse Ryk" gedra. Stadsvaders en inwoners het hulself as burgers in 'n Britse asook 'n imperiale konteks beskou.
Die huidige stadsbeeld is dan ook, ondanks die feit dat groot dele van die argitektoniese erfenis in die afgelope dekades vernietig is, 'n produk van die Victoriaanse en Edwardiaanse periode tussen 1830 en 1912 toe een van die belangrikste en welvarendste metropole ter wêreld teen die Clyde ontstaan het. Die kenmerkendste geboue uit hierdie tyd word tans onder Glasgow se besienswaardighede gereken: die statige marmergebou van die City Chambers op George Square, Gilbert Scott se Universiteitstoring, die heuningkleurige sandsteen-woonhuise in Woodside en hul roosrooi eweknieë in Hyndland getuig van die welvaart van dié periode wat met die demokratiese munisipale hervormings van 1833 ingelui en met die massiewe uitbreiding van stadsgrense in 1912, wat Glasgow se karakter heeltemal sou verander en waardeur dit weer by Birmingham verbygesteek het om nog eens die tweede grootste stad in die Britse Ryk te word, afgesluit is.
In die 19de en vroeë 20ste eeu het Glasgow vinnige bevolkingsgroei ervaar. Hierdie bevolkingsaanwas was slegs vir 'n klein gedeelte aan die insluiting van omliggende nedersettings te danke (die stadsgebied is tussen 1830 en 1912 altesaam elf keer uitgebrei), maar is hoofsaaklik deur toestroming uit ander dele van Skotland en Ierland veroorsaak, waarby hierdie grootskaalse immigrasie selfs die hoë natuurlike bevolkingsaanwas verdwerg het. Die grootste inwonertal ooit is in 1939 met 1 128 473 aangeteken toe Glasgow een van die grootste stede in Europa was.
Die ongekende industriële uitbreiding en bevolkingsaanwas het van Glasgow, wat deur die skrywer Daniel Defoe nog as "die mooiste stad in die Koninkryk" beskryf is, 'n nywerheidsentrum met rokende skoorstene, besoedelde riviere en uitgestrekte krotbuurte, waarin groot dele van die plaaslike werkersklas gehuisves is, gemaak. Ongeag alle sosiale moeilikhede soos misdaad, ellende, omgewingsbesoedeling en epidemiese siektes, wat met die industriële groei gepaard gegaan het, was Glasgowers in hierdie tydperk volgens historiese berigte trots op hul stad wat nie net met Birmingham, Manchester en Liverpool nie, maar selfs met Londen probeer meeding het. W. Hamish Fraser en Irene Maver (reds.): Glasgow. Volume II: 1830 to 1912. Manchester: Manchester University Press 1996, bl. 2
Vandag is Glasgow een van die tien belangrikste finansiële sentrums in Europa waar baie van Skotland se leidende ondernemings gesetel is. Stadvernuwing in die 1960's het omvattende projekte behels waarvolgens baie inwoners in sogenaamde new towns en voorstede hervestig is. Hierdie proses het saam met die verskuiwing van stadsgrense die bevolking van die Stad Glasgow tydelik tot minder as 600 000 laat daal. Intussen het dit weer gestyg tot iets meer as 620 000. Die gebied van Groter Glasgow huisves tans 'n bevolking van 1,2 miljoen, terwyl in die metropolitaanse gebied en die omliggende dig bevolkte streke met altesaam 2,55 miljoen inwoners 41 persent van Skotland se totale bevolking saamgetrek is.
Glasgow het in 2014 en 2026 as gasheerstad van die Statebondspele opgetree. Daarmee het dit ná Auckland (in 1950 en 1990) en Edinburg (in 1970 en 1986) die derde stad geword wat twee keer Statebondspele aangebied het.
Etimologie Die naam "Glasgow" is van 'n Britoniese oorsprong. Die eerste deel glas beteken "grysgroen" of "grysblou" in Britonies, Skots-Gaelies en Wallies en die tweede deel *cöü "hol" (vergelyk Wallies glas-cau), waarvolgens die stadsnaam "groen-hol" beteken. Daar word dikwels beweer dat die naam "lieflike groen plek" beteken of dat "lieflike groen plek" 'n vertaling is van die Gaeliese Glas Caomh. "Die lieflike groen plek" bly 'n liefdevolle manier om na die stad te verwys. Die moderne Gaeliese naam is Glaschu en dit is ontleen aan die selfde wortels as die Britoniese woord.
Die nedersetting het moontlik 'n vroeëre Brittoniese naam gehad, Cathures; die moderne naam het vir die eerste keer in die Gaeliese tydperk (1116) verskyn as Glasgu. Volgens optekeninge het die koning van Strathclyde, Rhydderch Hael, sint Kentigern (ook bekend as sint Mungo) herberg gegee, en het omstreeks 540 sy inwyding as biskop verkry. Vir sowat dertien jaar het Kentigern in die streek diens gedoen, sy kerk gebou by die Molendinar Burn waar die Katedraal van Glasgow hom nou bevind en baie mense bekeer. 'n Groot gemeenskap het rondom hom ontwikkel en bekend geword onder die naam Glasgu.
Geografie Net soos Skotand se ander vier groot stede, word ook Glasgow se topografie en stadskarakter deur waterliggame en omliggende heuwelreekse bepaal. Die stadsgebied is aan weerskante van die Clyderivier op laagliggende, saggies golwende terrein geleë, met hoogtes wat nouliks 100 m bo seevlak oorskry, maar verder af van die rivier 'n heuwelagtige karakter het. Gletserys het hier sogenaamde drumlins gevorm, lae heuwelkoppies met dikwels steil hellings. Die agtervoegsel -hill in baie plekname in die omgewing, waar woonbuurte teen die heuwelhellings ontstaan het, verwys na hierdie koppies. Elizabeth Williamson, Anne Riches, Malcolm Higgs: The Buildings of Scotland: Glasgow. London: Penguin Books 1990, bl. 19
Klimaat duimnael|links|Wolke en 'n reënboog oor die middestad duimnael|November-straattoneel Ondanks sy noordelike ligging op min of meer dieselfde breedtegraad soos Moskou en Kopenhagen word Glasgow se klimaat as oseanies (Köppen Cfb) geklassifiseer. Vanweë sy ligging in die weste van Skotland, die nabyheid van die Atlantiese Oseaan en die invloed van die warm Golfstroom is Glasgow een van die meer gematigde gebiede in die land, met 'n jaarlikse gemiddeld van 9,0 °C. Dit beteken egter ook dat die verskille tussen die vier seisoene kleiner is as in ander streke van Wes-Europa.
Winters in Glasgow word deur koue en bewolkte weer, met 'n gemiddeld van 4,0 °C. Soms daal die kwik ook benede vriespunt, alhoewel daar in die tydperk sedert 2000 nouliks koue winters met sneeuvalle voorgekom het. Indien wél sneeuvalle aangeteken word, is die landskap hier net 'n kort tyd lank met 'n sneeulaag bedek.
Die lentemaande (Maart tot Mei) is gewoonlik gematig met dikwels aangename weer. Dit is die bloeitydperk vir baie van Glasgow se bome en plante. Die somermaande (Junie tot Augustus) word deur wisselvallige weerstoestande gekenmerk. Langer periodes met sonnige weer of hittegolwe kom nouliks voor, terwyl die weer dikwels bewolk en bedompig kan wees. Julie is die warmste maand met 'n gemiddelde maksimumtemperatuur van 19,0 °C.
In die najaar kan die weer koel tot gematig wees, terwyl daar steeds meer reën val. Die vroeë herfs word egter dikwels deur meer stabiele weerstoestande met enkele sonskyndae gekenmerk.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|'n Beeldhouwerk by die ingang tot die Kelvingrove Kunsgalery en Museum beeld Sint Mungo as beskermheer van kuns en musiek uit Die geskiedenis van Glasgow strek terug tot in die Steentydperk. Argeologiese uitgrawings langs die oewer van die Clyde-rivier het kano's van destydse vissersgemeenskappe onthul.
Later het Keltiese stamme hulle in die gebied gevestig. Waarskynlik het hulle handel met die Romeine gedryf wat omstreeks 80 n.C. in Cathures, soos Glasgow destyds genoem is, 'n handelspos gestig het. Die oprigting van die Antonynse Muur in 143 was 'n poging om die provinsie Britannia, die Romeins-verowerde gebied in die suide, teen aanvalle uit die noordelike Caledonia, wat deur Piktiese en Keltiese stamme bewoon is, te beskerm. Hierdie grensmuur, wat van turf gebou is en van Old Kilpatrick teen die Clyde in die weste tot by Bridgeness aan die Forth in die ooste gestrek en 'n substruktuur van paaie en forte behels het, is egter ná 'n kort tyd laat vaar. Andrew Gibb: Glasgow. The Making of a City. Beckenham: Croom Helm 1983, bl. 5
In 380 het Sint Ninianus as Christelike sendeling besoek aan Cathures afgelê en hier volgens oorlewerings 'n begraafplaas gewy. Daar is min bekend oor hierdie vroeë Christelike tydperk voor die aankoms van Sint Kentigern in die 6de eeu. Sint Kentigern het hom in 543 as balling in Glasgow (of Glas Cu soos dit destyds bekend gestaan het, waarby dié pleknaam as "lieflike groen plek" vertaal kan word) gevestig nadat sy beweerde wonderlike kragte die afguns van kloosterbroeders in Culross gewek het.
Sint Kentigern het 'n Christelike houtkerk aan die oewer van die Molendinar Burn, 'n klein syrivier van die Clyde, opgerig. Hierdie gebou was 'n vroeë voorloper van Glasgow se huidige katedraal. Vanweë sy groot gewildheid onder die geestelike gemeenskap het Kentigern die bynaam Mungo of "die Geliefde" gekry. Hy staan sedertdien algemeen bekend as "Sint Mungo". Volgens legendes het hy in Glasgow vier wonders gedoen wat nog steeds in die stedelike wapen uitgebeeld word.
Sint Kentigern is op 13 Januarie 603 oorlede en in sy eie kerk ter ruste gelê – vlakby die plek waar later die enigste twee bekende Glasgowse martelaars van die Reformasietydperk op die brandstapel tereggestel is. Min is bekend oor die periode tussen Kentigern se afsterwe en Glasgow se verheffing tot biskopsetel in 1145.
Glasgow in die Middeleeue duimnael|links|Die Katedraal van Glasgow, soos gesien vanaf die Victoriaanse begrafnisterrein Glasgow Necropolis. Die gebou aan die regterkant is die akademiese hospitaal Glasgow Royal Infirmary duimnael|Provand's Lordship van 1471, tans die oudste woonhuis in Glasgow met 17de eeuse Skotse meubilering