Hereroa concava is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor. Daar is min omtrent die spesie bekend; daar is bereken dat dit 'n voorkomsgebied van 12 151 km² het en daar drie tot vyf subpopulasies is. Die spesie word gevind tussen Beaufort-Wes, Richmond en De Aar. Dit word ook bedreig deur skaliegasbreking.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World

concava Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika