Florenceville-Bristol is 'n Kanadese munisipaliteit in die administratiewe distrik (comté/county) Carleton in die weste van die provinsie Nieu-Brunswyk. Die munisipaliteit is op 1 Julie 2008 met die samesmelting van die naamgewende dorpe Florenceville en Bristol gevorm.

Toponimie Florenceville het oorspronklik bekend gestaan as Buttermill Creek. In 1855 het die luitenant-goewerneur Lemuel Allan Wilmot die dorp ter ere van Florence Nightingale, 'n heldin van die Krimoorlog, hernoem. Bristol se oorspronklike name was Shiktehawk en later Kent Station. Die huidige naam is ter ere van ene mnr. Davis, wat as hoof van die spoorwegstasie in Bristol (Verenigde Koninkryk) gefungeer het, aan die dorp gegee.Rayburn, Alan: Geographical Names of New Brunswick. Ottawa: Énergie, Mines et Ressources Canada 1975, bl. 62 en 107

Geografie Florenceville-Bristol is in die vallei van die St. John-/Saint-Jean-rivier geleë, sowat 90 kilometer noord-wes van Fredericton.

Die dorp behels twee hoofsaaklike buurte. Florenceville is aan weerskante van die rivier geleë, tog strek sy sentrum langs die linkeroewer. Soos sy naam reeds aandui, lê Florenceville-East/-Est oos daarvan. Bristol lê aan die rivier se linkeroewer, 3,5 kilometer noord-oos van Florenceville.

Administrasie

Ampstermyn Funksies Name 2012 - 2016 Burgemeester Karl E. Curtis Lede van dorpsraad (conseillers de quartier) #1 Elizabeth D. Campbell, Daniel W. West en Jannice M. Kinney #2 Thomas J. Davidson, Nancy Whyte McCauley en Rick Pryde

Sien ook McCain Foods Limited

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die vroeëre dorp Florenceville Amptelike webwerf van die vroeëre dorp Bristol

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Nieu-Brunswyk