Die ongeronde geslote voorklinker is 'n tipe klinker wat in meeste gesproke tale gebruik word. Die simbool in die Internasionale Fonetiese Alfabet wat die klank voorstel is , en die ekwivalente X-SAMPA simbool is i.

Die klinker is baie algemeen en kom fonemies in byna alla tale met drie of meer klinkers voor.

Eienskappe Die klank se klinkerhoogte is geslote, wat beteken dat die tong so na as moontlik aan die vehemelte geposisioneer word sonder om 'n obstruksie te veroorsaak wat dit as 'n konsonant sou klassifiseer. Die klank se klinkerposisie is voor, wat beteken dat die tong so ver vorentoe as moontlik in die mond geplaas word sonder om 'n obstruksie te veroorsaak wat dit in 'n konsonant sou verander. Die klank se ronding is ongerond, wat beteken dat die lippe gesprei is.

Bibliografie

Kategorie:Fonologie