Loeriesfontein is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is 63 km noord-oos van Nieuwoudtville. Die dorp het in 1958 munisipale status verkry. Die R357-streeksroete gaan deur die dorp.

Distrik Die belangrikste ekonomiese bedryf in die distrik is skaapboerdery en koring word ook verbou. Sout word ook in die distrik ontgin. Op 13 Februarie 1951 is Suid-Afrika se eerste aangetekende vierling, die Lombard-vierling, hier gebore.

duimnael|center|400px|Die vertoning van 27 windpompe in Loeriesfontein.

Sien ook Fred Turner Museum Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Louw, Eli: Oor my pad - 'n outobiografie. Potchefstroom: Andcork Uitgewers, 2009. B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Eric Rosenthal: Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap