Berilliumhidroksied is 'n basis van berillium met die chemiese formule

Dit is 'n amfoteriese stof.

Die ortorombiese -fase word in die natuur as die mineraal behoïet aangetref. Daar is ook 'n monokliniese mineraal met algemene formule , klinobehoïet.

Kristalstruktuur -Berilliumhidroksied kristalliseer in die ortorombiese sinkhidroksied-struktuur wat die kode C31 in die strukturbericht-klassifikasie het. Dit is die stabiele fase. Wanneer hidroksied by 'n oplossing van bygevoeg word, ontstaan 'n metastabiele -fase wat tetragonaal is en dikwels 'n amorfe gel vorm.

Teen hoë drukke van P>1,5-2,0 GPa word uit die -fase die -fase gevorm. Dit is ook ortorombies. Die oorgang is omkeerbaar en die volumeverskil is amper nul. Die oorgang is waarskynlik van die tweede orde.

Eienskappe Dit is 'n byproduk van die ontginning van die metaal berillium uit beriel en bertrandiet, sy belangrikste ertse.

-Berilliumhidroksied los in oplossings van natriumhidroksied op en vorm "berillate":

Met sure word die -katioon gevorm, soos met swaelsuur:

Gebruike Berilliumhidroksied is die sleutelverbinding wat gebruik word om 'n verskeidenheid berilliumverbindings te verkry.

Verwysings

hidroksied Kategorie:Anorganiese verbindings