Die Soninke is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Soninke as moedertaal praat. Hulle leef veral in die vier lande Gambië, Mali, Mauritanië en Senegal. In Mali vorm hulle 9,8% van die bevolking, in Senegal 2,4% en in Gambië 8,2%.

Die Soninke is veral bekend vir die Middeleeuse Ghanaryk (200–1240). Hulle was een van die vroegste etniese groepe in Wes-Afrika wat Islam as godsdiens aangeneem het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Gambië Kategorie:Etniese groepe in Mali Kategorie:Etniese groepe in Mauritanië Kategorie:Etniese groepe in Senegal Kategorie:Inheemse volke van Afrika