Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Soninke (volk).

Soninke (Sooninkanxanne, سࣷونِکَنْخَنّࣹ) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Soninke-volk gepraat en is een van die belangrike tale in Senegal, naas die amptelike taal Frans. Soninke is een van die nasionale tale van dié land. Daarbenewens word Soninke in die lande Burkina Faso, Ivoorkus, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Mali en Mauritanië gepraat. Dit is ook een van die nasionale tale van Mali. In Mauritanië is Soninke saam met Fula en Wolof een van die nasionale tale naas die amptelike tale Arabies en Frans.

Afhangende van die gebied word Soninke met óf die Arabiese alfabet óf die Latynse alfabet geskryf.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mande-tale Kategorie:Tale van Burkina Faso Kategorie:Tale van Ivoorkus Kategorie:Tale van Gambië Kategorie:Tale van Ghana Kategorie:Tale van Guinee Kategorie:Tale van Guinee-Bissau Kategorie:Tale van Mali Kategorie:Tale van Mauritanië Kategorie:Tale van Senegal