Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Serer (volk).
Serer is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 1,9 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Serer-volk gepraat en is een van die belangrike tale in Senegal, naas die amptelike taal Frans. Serer is een van die nasionale tale van dié land. Daarbenewens word Serer in die aangrensende lande Gambië en Mauritanië gepraat.
Serer is die naaste verwant aan Fula en Wolof. Afhangende van die gebied word Serer met die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Niger-Kongo-tale Kategorie:Tale van Gambië Kategorie:Tale van Mauritanië Kategorie:Tale van Senegal