Die Serer is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Serer as moedertaal praat. Hulle leef veral in die drie lande Senegal, Gambië en Mauritanië. In Senegal vorm hulle met sowat 16% die derde grootste etniese groep van dié land ná die Wolof en die Fula. In Gambië vorm hulle sowat 3,5% van die bevolking, die sesde grootste etniese groep ná die Mandinka (33,3%), Fula (18,2%), Wolof (12,9%), Diola (11%) en die Soninke (7,2%). In Mauritanië bevolk hulle veral die suidelike gebiede langs die Sénégalrivier.
duimnael|links|'n Etnografiese kaart van Senegal, geteken tydens die Franse koloniale bewind in Senegal, 1853 Die Serer is veral bekend vir hul Serer-geloof. Tydens die koloniale tydperk is dié tradisionele Afrika-godsdiens egter merendeels deur die Islam vervang.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Gambië Kategorie:Etniese groepe in Mauritanië Kategorie:Etniese groepe in Senegal Kategorie:Inheemse volke van Afrika