Khadia beswickii is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in Gauteng, Mpumalanga en Noordwes voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 475 km² en word bedreig deur stedelike ontwikkeling, indringerplante, mynbou aktiwiteite en onwettige versameling.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World
beswickii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika