duimnael|Koror in 2007. Koror is 'n stad in Palau. Dit is geleë aan die weskus van die eiland met dieselfde naam en is verreweg die grootste stad in die land; meer as die helfte van Palau se totale bevolking woon hier.

Die stad het 'n bevolking van 12 676 in 2005 gehad en was die hoofstad van Palau tot 7 Oktober 2006, toe dit deur Ngerulmud vervang is. Ngerulmud is geleë aan die ooskus van die naburige eiland Babeldaob in die deelstaat Melekeok.

Verwysings

Kategorie:Geografie van Palau Kategorie:Kusstede