The Three-Body Problem (Chinees: 三体; letterlik 'Drie liggame') is 'n verhaal deur die Chinese wetenskapfiksieskrywer Liu Cixin, die eerste roman in die Remembrance of Earth's Past-trilogie. Die reeks beeld 'n fiktiewe verlede, hede en toekoms uit waarin die aarde 'n buiteaardse beskawing van 'n nabygeleë stelsel van drie sonagtige sterre wat om mekaar wentel, teëkom, 'n verteenwoordigende voorbeeld van die drieliggaamprobleem in wentelbaan-meganika.

Die storie is oorspronklik in Science Fiction World in 2006 in 'n reeksformaat verskyn voordat dit in 2008 as 'n selfstandige boek gepubliseer is. In 2006 het dit die Galaxy-toekenning vir Chinese wetenskapfiksie ontvang.Clute, John, "Yinhe Award" , Science Fiction Encyclopedia, 3rd edition. Besoek 21 November 2017 In 2012 is dit beskryf as een van China se suksesvolste vollengte-romans van die afgelope twee dekades. Die Engelse vertaling deur Ken Liu is in 2014 deur Tor Books gepubliseer."Three Body ." Ken Liu Official Website. Besoek op 29 Julie 2015. Daardie vertaling was die eerste roman deur 'n Asiatiese skrywer wat 'n Hugo-toekenning vir beste roman gewen het;Chen, Andrea. "Out of this world: Chinese sci-fi author Liu Cixin is Asia's first writer to win Hugo award for best novel." South China Morning Post. 24 Augustus 2015. Besoek op 27 Augustus 2015. dit is ook genomineer vir die Nebula-toekenning vir beste roman.

Op 21 Maart 2024 het Netflix die Three-Body Problem (TV-reeks) geploods as ‘n regstreekse weergawe ná die Chinese televisiereeks van 2023. Die reeks is met agt episodes geloods en het positiewe resensies ontvang.

Verwysings

Kategorie:Chinese letterkunde