duimnael|regs|Apple TV se kenmerk. Apple TV is 'n Amerikaanse subskripsie video-op-aanvraag-stromingdiens wat deur Apple Inc. besit en bedryf word en op 1 November 2019 bekendgestel is. Dit bied 'n verskeidenheid oorspronklike produksiefilms en televisiereekse genaamd "Apple Originals". Die diens is tydens die "Apple Special Event" van Maart 2019 aangekondig, waar vermaakelaars van Apple TV-projekte op die verhoog verskyn het, insluitend Jennifer Aniston, Oprah Winfrey, en Steven Spielberg.
Die diens kan verkry word deur Apple se webwerf en deur die Apple TV-toepassing, wat geleidelik beskikbaar geword het op baie Apple-toestelle en sommige groot mededingende digitale mediaspelers, insluitend sommige slim TV-modelle en videospeletjiekonsoles.
Sien ook Pluribus (TV-reeks)
Verwysings
Eksterne skakels – Amptlike webwerf
Kategorie:Apple