Palladiumsulfied is 'n verbinding van palladium en swael met formule .
Dit word in die natuur as die mineraal vysotskiet aangetref.
Palladiumsulfied is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 1,6 eV en 'n hoë absorpsiekoëffisiënt (a ~10 cm by h>2,0eV) wat bestudeer is vir gebruik in fotoëlektrochemiese en fotovoltaïese sonselle.
Kristalstruktuur Palladiumsulfied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur wat die argetipe van die B34-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die palladiumatome word deur 'n vlak vierkant van vier swaelatome omring.
Eienskappe Die stof kan verkry word deur poeiers van die elemente in kwartsampulle in 'n vakuum te verhit.
PdS het interessante elektriese eienskappe. Tot 200K neem die geleidbaarheid toe soos 'n halfgeleier maar van 200K tot 600K is dit amper konstant. Bo 600K neem dit weer toe. Die Seebeck-koëffisiënt S is groot en negatief (400 V/K teen 350K sonder dotering) wat daarop dui dat die geleiding veral deur elektrone veroorsaak word. Die termoëlektriese kragfaktor PF=S is baie hoog (27W/cm.K by 800K) wat dit 'n interessante materiaal vir opwekking van termoëlektriese elektrisiteit maak.
Wanneer palladiumsulfied by temperature van 150 °C aan waterstofgas blootgestel word, verloor die verbinding 'n deel van sy swael en vorm wat 'n kragtige katalisator vir die selektiewe hidrogenering van asetileen is:
Verwysing
sulfied Kategorie:Verbindings van swael Kategorie:Anorganiese verbindings