Bogdanoviet is 'n seldsame mineraal met algemene formule . Dit kan lood, telluur en yster bevat. Dit is die eerste keer in die Kamtsjatka-skiereiland aangetref.
Struktuur Die mineraal is nes ourikupried 'n koper-goud-legering, maar dit het die omgekeerde kristalstruktuur (anti-) L1 in die strukturbericht-klassifikasie.
As koper-goud-legrings kan albei as geskryf word. Bogdanoviet het x≈0,75, ourikupried x≈0,25.
Interessant genoeg bestaan daar legerings met intermediêre waardes x≈0,5, maar die metaalatome het 'n ander geordenende struktuur met 'n tetragonale simmetrie. Hulle staan bekend as die mineraal tetra-auricupried.
By hoër temperature (bo 240-410 °C) verloor al hierdie strukture hulle orde en vorm 'n kontinue vaste oplossing van x=0 tot x=1 met 'n wanordelike A1-struktuur.
Verwysings
Kategorie:Legerings