Die Tupí (Portugees: tupi, [tu'pi]; Spaans: tupí, [tu'pi]) was eens een van die grootste etniese groepe inheems aan Brasilië voor die kolonisasie van die Amerikas en het die taal Tupí gebesig. Sedert die Portugese verowering van Brasilië het hulle met die nou verwante Guaraní vermeng. Hul taal Tupí is ook nou verwant aan Guaraní, maar dit is in teenstelling met laasgenoemde 'n uitgestorwe taal.

Volgens deskundiges het die Tupí sowat 2900 jaar gelede hulle langs die Atlantiese Oseaan-kus gevestig en daarvandaan suid migreer.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Brasilië Kategorie:Indiane