Acrodon subulatus is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Botrivier tot by Caledon en Hermanus voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 000 km². Daar is vyf subpopulasies bekend wat bedreig word deur indringerplante, gewasverbouing en vertrapping deur vee. Meer as 80% van die spesie se habitat is omgeploeg vir landbou doeleindes.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World
subulatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika