Fariborz Sahba (Persies: فریبرز صهبا; * 21 Maart 1948 in Masjhad) is 'n Irannees-Kanadese argitek en Baha’i. Hy het onder andere die terras by die Heiligdom van die Báb en die besoekersentrum van die Baha’i-wêreldsentrum in Haifa, die Baha’i-tempel in Delhi, beter bekend as die Lotustempel, en die Irannese ambassade Beijing, Volksrepubliek China, ontwerp.
duimnael|links|Fariborz Sahba het onder andere die Lotustempel in Delhi, Indië, ontwerp Nadat Sahba in 1972 'n graad in argitektuur by die Universiteit van Teheran behaal het, was hy by 'n aantal projekte betrokke, waaronder die Kultuurhuis en die Akademie vir Beeldende Kunste in Sanandadsj in die Wes-Irannese provinsie Koerdistan.
Ná die Irannese Rewolusie in 1979 vervolging op die Baha’i verskerp het, moes hy sy geboorteland verlaat en het hom in Vancouver, Kanada, gevestig. Hy is bevriend met sy kollega Hossein Amanat, wat ook in Vancouver bly.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Fariborz Sahba op bahainews.ca Water and light: two works by Bahá'í architect by Eliza Rasiwala, Israel.
Kategorie:Argitekte Kategorie:Baha'is Kategorie:Kanadese Kategorie:Iraniërs Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense