Natriumvanadiumfosfaatfluoried of NVPF is 'n dubbelsout van natrium en vanadium met fosforsuur en fluoorsuur met die formule .

Dit is 'n superioniese geleier van natriumione en 'n belowende elektrodemateriaal vir natriumgebaseerde batterye.

In sy stoigiometriese vorm is 'n verbinding van vanadium in sy +3 oksidasietoestand. Nie-stoigiometriese is 'n gemengdevalensieverbinding (V/V),

Kristalstruktuur duimnael|Die -ioon|links kristalliseer teen kamertemperatuur in 'n gelaagde ortorombiese struktuur. Teen 400K word die simmetrie tetragonaal deur wanorde van die natriumione.

Die natriumione kan elektrochemies uit die struktuur verwyder word. is gewoonlik tetragonaal met Na-wanorde. Die natriumione is geïnterkaleer tussen die lae. Die lae bestaan uit tetraëdriese fosfaatione saam met -eenhede wat 'n bioktaëdriese vorm het. Die vanadiumatome word deur vier ekwatoriale suurstofatome en twee polêre fluoorione gekoördineer. Een van die fluooratome vorm 'n brug tussen die twee oktaëders. Die bioktaëder hou twee lae by mekaar.

Gebruike Die verbinding is 'n positiewe elektrodemateriaal vir Na-ioon-batterye wat groot belangstelling trek weens sy hoë kapasiteit, spoed, en langtermynstabiliteit.

Verwysings

vanadium Kategorie:Verbindings van vanadium Kategorie:Verbindings van fosfor Kategorie:Verbindings van fluoor Kategorie:Anorganiese verbindings