Oliver James Bearman (gebore 8 Mei 2005) is 'n Britse renjaer. Hy het tot in 2024 aan die FIA Formule 2-kampioenskap vir Prema deelneem en is 'n lid van die Ferrari-bestuurderakademie. In 2025 jaag hy vir die Haas F1-span in Formule Een. Hy het egter sy Formule Een-debuut vir Scuderia Ferrari gemaak by die 2024 Saoedi-Arabiese Grand Prix, toe hy Carlos Sainz jr. vervang het.

Hy is die 2021 Italiaanse en ADAC Formule 4-kampioen.

Persoonlike lewe Bearman is op 8 Mei 2005 in Havering, Londen gebore, sy ouers is David en Terri Bearman. Hy het 'n jonger broer en suster. Sy pa is die stigter en hoof- uitvoerende beampte van die versekeringsfirma Aventum Group. Bearman het grootgeword in Chelmsford, Essex, waar hy by King Edward VI Grammar School skool gegaan het. Bearman het die skool op die ouderdom van 16 verlaat om by die Ferrari Bestuurdersakademie in Modena, Italië, aan te sluit.

Loopbaan

Karting loopbaan Bearman het in 2013 mededingend begin kartry toe hy in die kampioenskap van die Trent Valley Kart Club gejaag het. Hy het hierna verskuif om aan die Super 1 Nasionale Kampioenskap deel te neem, waar hy in 2016 en 2017 'n beste tweede plek behaal het in die Kadetkategorie. Die Brit het toe die Kartmasters Britse Grand Prix in 2017 gewen, en hy het sy kartloopbaan goed afgesluit in 2019 met 'n oorwinning in die IAME Internasionale Finaal, IAME Euroreeks en IAME Winterbeker.

Formule 1-loopbaan In Oktober 2021 is Bearman aangewys as een van die finaliste van die Ferrari Driver Academy se Talentsoek-wêreldfinaal. Die volgende maand is bevestig dat Bearman saam met die kartkampioen Rafael Câmara by die Akademie aansluit.

Formule 1-uitslae

JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte2023HaasHaas VF-23Ferrari 066/10 1.6 V6 t h BHR SAU AUS AZE JPN MIA MON SPA KAN OOS GBR HON BEL NED ITA SIN VSA MXSToets SAP LSV ABUToets––2024HaasHaas VF-24Ferrari 066/10 1.6 V6 t h BHR SAU AUS JPN CHN MIA EMIToets MON KAN SPAToets OOS GBRToets HONToets BEL NED ITA AZE10 SIN VSA SAP12 LSV KAT ABU187Scuderia FerrariFerrariSF-24Ferrari066/12 V6 t h SAU7 MXSToets 2025HaasHaas VF-25Ferrari 66/15 1.6 V6 t h AUS14 CHN8 JPN10 BHR10 SAU13 MIADNF EMI17 MON12 SPA17 KAN11 OOS11 GBR11 BEL711 HONDNF NED6 ITA12 AZE12 SIN9 VSA9 MXS4 SAP4 LSV10 KATDNF ABU121341 2026*HaasHaas VF-26Ferrari 067/6 1.6 V6 t h AUS7 CHN85 JPNDNF MIA11 KAN10 MONDNF BKT17 † OOS14 GBR12 BEL14 HON19 NEDDNF ITA15 SPA16 AZE9 BHR SIN VSA MXS SAP LSV KAT ABU** JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte † Jaer kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het. * Seisoen is nog aan die gang.

Verwysings

Kategorie:Britse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 2005 Kategorie:Lewende mense