Nikkelarsenied is 'n verbinding van nikkel en arseen met die formule .
Dit kom in die natuur as die mineraal nikkelien voor en is in beginsel 'n nikkelerts. Hierdie erts word nogtans min ontgin omdat dit die toksiese element arseen vry sou stel. Nikkelmetaal word baie as katalisator gebruik, maar die teenwoordigheid van arseen vergiftig hierdie katalisators deurdat dit nikkelarseniede vorm.
Kristalstruktuur Nikkelarsenied kristalliseer in 'n heksagonale struktuur wat die argetipe van die B8-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Baie 1:1 sulfiede en legerings het hierdie struktuurtipe, soos AuSn, CoTe, CrSe, CuSn, FeS, IrS, MnAs, NiSn, PdSb, PtB, RhSn, VP en ZrTe Die struktuur bestaan uit lae met 'n heksagonale digpakking van arseenatome met nikkelatome in die oktaëderholtes tussen die lae. Nikkel het 'n oktaëdriese koördinasie; arseenatome het 'n trigonale prisma van nikkelbure.
Gebruike Dit het vanweë sy toksiese eienskappe min gebruike. Daar is 'n Amerikaanse patent wat die gebruik om metaal uit koolwaterstofstrome te verwyder beskryf.
Verwysings
arsenied Kategorie:Verbindings van arseen Kategorie:Anorganiese verbindings