Uraan(IV)sulfied of uraandisulfied is 'n verbinding van uraan in sy 4+ oksidasietoestand met swael met die formule .

Kristalstruktuur Die stof kristalliseer in drie modikasies:

- het 'n tetragonale struktuur met ruimtegroep P4/ncc - kristalliseer in die ortorombiese cotunniet-()-struktuur. Dit is C23 in die strukturbericht-klassifikasie. - kristalliseer in die heksagonale hersiene anti--struktuur, C22 in die strukturbericht-klassifikasie.

-fase Die -fase het die hoogste digtheid en is dalk 'n hoëdrukfase, wat onder kameromstandighede metastabiel is.

Die kristalstruktuur bestaan uit driehoekige prismas van chalkogeenatome wat die uraanatome omring. Hulle is drievoudig gekapt, waardeur die U-koördinasie negevoudig is Die prismas rondom die U(1)-atome deel hul basiese driehoekige vlakke met die prismas bo en onder en vorm prisma-kettings langs die c-as. Hulle word verbind deur hul rande parallel met c te deel. 'n Driedimensionele netwerk ontstaan met seskantige tonnels, waarin U(2)X(1)6-prismas ingevoeg word. Hulle vorm self ook kettings langs wat egter van mekaar geïsoleer is. Die prismas rondom U(2) is met c/2 na dié rondom U(l) verskuif.

Geïsoleerde molekules

-molekules is deur laserablasie van die vaste materiaal en reaksie van die elemente tydens kondensasie in vaste argon vervaardig. Dit gee dieselfde IR-absorpsies as vroeëre reaksies van U-atome met swaeldamp. Die antisimmetriese strekmodus van verskuif van 438,7 cm in vaste argon na 442,3 cm in vaste neon, wat wys dat dieselfde elektroniese toestand in beide matriksomgewings vasgevang is. Digtheid-funksionale berekeninge (DFT) vind 'n gebuigde (3B)-grondtoestand vir die -molekule. Verwysings

sulfied Kategorie:Anorganiese verbindings