Dirk Ligter is ‘n legendariese skaapdief in die Afrikaanse letterkunde.

Die werklike Dirk Ligter is in die 1880’s in die omgewing van Clanwilliam gebore en in 1939 in Kaapstad oorlede. Sy voorsate was San en Masbiekers. Wat van hom bekend is, is gebaseer op oorvertellings deur die inwoners van die Warm Bokkeveld, Koue Bokkeveld, Tankwa-Karoo, Boesmanland en die Hantam. Baie van die verhale is egter bloot verdigsel. In breë trekke gebaseer op die waarheid leef hy voort in die boeke ‘’’Boplaas’’’ (Dirk Ligter, Dirk Ligter - die Nimlike Hy) en ‘’’Van my kontrei’’’ (Dirk Ligter - nog altyd die nimlike hy) deur Boerneef.Voorts is die karakter "Andries Harlekyn" in Boerneef se kortverhaal Teen die helling volgens Hennie Aucamp niks meer as 'n "vermomde" Dirk Ligter nie. Sien Aucamp, Hennie. Boerneef: Versamelde prosa, Die Burger, 24 en 25 Mei 1979; soos opgeneem in "Dagblad", p. 16. Hennie Aucamp maak die hipotese dat Dirk Ligter weer "opgeroep" word deur Boerneef in die titelverhaal uit Teen die Helling. Sien Aucamp, Hennie. Die mitologisering van Dirk Ligter, Standpunte. Oktober 1981; soos opgeneem in "Dagblad", p. 30

Dirk was ‘n skaapwagter met ‘n besondere aangename en rustelose geaardheid. Alhoewel hy ‘n hardwerkende plaasarbeider was en baie vir sy medemens omgegee het, kon hy die versoeking om ‘n lekker vet hamel te steel en slag, nie weerstaan nie. Dit het om in aanraking met die gereg gebring. Die avontuurlike lewe in die wye Karoo het hom altyd gelok. Hy kon na bewering glo vinniger as ‘n perd draf, was altyd netjies geklee met ‘n veer in sy hoed, ‘n kitaar oor sy skouer en ‘n bekfluitjie in sy mond. Volgens oorlewering kon hy ‘n bobbejaan aan sy stert vang en sy asem minute lank onder water ophou as hy vir die polisie moes wegkruip."Betjie Lintnaar van Excelsior, Kouebokkeveld, nou diep in die tagtig, as sy nog leef, het Dirk dikwels gesien. ' 'n Gruwelmens', het sy met 'n bewonderende laggie gesê. Sy het vertel hoe Dirk hom in peulbosse versteek het tot 'n bok verbykom, en dié dan aan die horings gegryp het. Ook het sy onthou van sy toorgawes - hoe hy op slotte geblaas het wat hulle dan wonderbaarlik laat oopspring het. Pieter Burrows weer het dramaties vertel hoe Dirk hom in 'n miershoop verander het toe 'n konstabel ongemaklik warm op sy spoor was: 'Daar staan die konstabel op Dirk Ligter se skouers, en bekyk die wêreld; en Dirk hoor net hoe tik die konstabel se sakhorlosie hier bokant sy kop(!)'" Sien Aucamp, Hennie. Die mitologisering van Dirk Ligter. Standpunte. Oktober 1981; soos opgeneem in "Dagblad" p. 22

Lees ook Adamastor Antjie Somers Hendrik Spoorbek Jan van Hunks Tokkelossie

Bronnelys Boeke

Aucamp, Hennie. Dagblad. HAUM-Literêr Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe. Eerste Druk, 1987 Boerneef, Boplaas, Tafelberg, 1938 Boerneef, Van my kontrei, 1938 Boerneef, Teen die helling (Afdeling: Namakwalandse rympies: Dirk Ligter I, II en III), Nasionale Boekhandel, 1956 Boplaas, Carl: Bewaar die Knikkertjie. Koue Bokkeveld: privaat publikasie, 1998. Green, Lawrence G.: Karoo. The story of the Karoos of South Africa – the Great Karoo, the Little Karoo and the far corners of the North West Cape and Namaqualand. Kaapstad: Howard Timmins, 1955

Tydskrifte en koerante Aucamp, Hennie. Boerneef: Versamelde prosa. Die Burger, 24 en 25 Mei 1979 Aucamp, Hennie. Die mitologisering van Dirk Ligter. Standpunte. Nuwe reeks 155, jaargang 34 no. 5, Oktober 1981

Verwysings

Eksterne Skakels RSG program oor die produksie van Dirk Ligter tydens die KKNK Radioteater - Dirk Ligter deur Albert Maritz

Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika Kategorie:Fiktiewe karakters