duimnael|Charles Barbier Charles Barbier de la Serre (18 Mei 1767 – 22 April 1841) was die uitvinder van verskeie vorme van snelskrif en alternatiewe skryfwyses, waarvan een die inspirasie vir Braille geword het. Barbier is in Valenciennes gebore en het in die Franse artillerie gedien van 1784 tot 1792. Hy het Frankryk tydens die Rewolusie verlaat en vir etlike jare in die Verenigde State gewoon en na Frankryk teruggekeer tydens die bewind van Napoleon Bonaparte. Hy het nie weer by die weermag aangesluit nie. ’n Afskrif van Barbier se militêre rekord kan by die Louis Braille-museum in Coupvray, Frankryk, besigtig word.

Barbier was geïnteresseerd in snelskrifSee Barbier, C., Principes d'expéditive française pour écriture aussi vite que la parole, Paris, 1809, https://www.google.ca/books/edition/Principes_d_exp%C3%A9ditive_fran%C3%A7aise_pour/FgVJ55_weywC en ander alternatiewe skryfvorme. In 1815 het hy 'n boek gepubliseer met die titel, Essai sur divers procédés d'expéditive française. Die hele boek, met illustrasies, kan aanlyn bekyk word. In hierdie boek verduidelik Barbier dat konvensionele skryfwerk 'n hindernis vir universele geletterdheid is omdat dit te lank neem om te leer, en mense wat hul brood moet verdien (boere, ambagsmanne) kan nie die nodige tyd aan onderwys afstaan nie. Barbier was ook bekommerd oor die hindernisse tot geletterdheid wat mense met gesig- of gehoorgestremdheid in die gesig staar.

Verwysings

Kategorie:Franse uitvinders Kategorie:Geboortes in 1787 Kategorie:Sterftes in 1841