thumb|170px|Die Ster (XVII) van die Rider-Waite-tarotpak.
Die Ster is die 17de troefkaart in tarotkaartspeletjies en die 17de Groot Arcana-kaart in pakke vir waarsêery. Dit word in albei gebruik.
Beskrywing 'n Naakte vrou word op die kaart uitgebeeld wat by die water kniel. Haar een voet is in die water en die ander op die grond. Bo haar kop is een groot ster, wat haar kernessensies simboliseer, en sewe kleiner sterre, at haar chakras (subtiele energiesentrums) verteenwoordig.
Die sterre het gewoonlik agt punte, maar in sommige tarotpakke van die laat 15de eeu het dit net ses.
Die vrou hou in elke hand 'n kruik; uit die een kruik gooi sy 'n vloeistof in die water en uit die ander 'n vloeistof op die grond. Die vyf sintuie word verteenwoordig deur die vyf aparte lyne van die vloeistof wat op die grond uitgegooi word. Die kaart is die eerste van drie van die Groot Arcana wat die ruimte uitbeeld. Soms word drie mans onder die groot ster uitgebeeld wat die drie wyse manne verteenwoordig.
Vertolking Volgens A.E. Waite se boek van 1910 Pictorial Key to the Tarot het Die Ster verskeie verbintenisse in waarsêery: 17 DIE STER – hoop en helder vooruitsigte. Omgekeer – verlies, diefstal, ontbering, verlating.
In astrologie word Die Ster verbind met die diereriemteken Waterdraer en die planeet Uranus.
Verwysings
Nog leesstof Wood, Juliette, Folklore 109 (1998): 15–24, "The Celtic Tarot and the Secret Tradition: A Study in Modern Legend Making" (1998)
Skakels
Kategorie:Groot Arcana