thumb|180px|Die Son (XIX) van die Rider-Waite-tarotpak.
Die Son is die 19de troefkaart in die meeste tarotkaartspeletjies en die 19de Groot Arcana-kaart in pakke vir waarsêery. Dit word in albei gebruik.
Beskrywing Op die kaart ry 'n baba op 'n wit perd onder die vermenslikte Son, met sonneblomme op die agtergrond.
A.E. Waite van die Rider-Waite-tarotpak meen die kaart het te doen met die verkryging van kennis. Die kind van die lewe hou 'n rooi vlag vas wat die bloed van hernuwing verteenwoordig, terwyl 'n glimlaggende son op hom skyn, wat verwesentliking simboliseer. Die bewuste gedagtes seëvier oor die vrese en illusies van die onderbewuste. Onskuld word hernu deur ontdekking, en dit bring hoop vir die toekoms.
Vertolking Die kaart word gewoonlik as positief vertolk. Dit weerspieël geluk en tevredenheid, lewenskrag, selfvertroue en sukses.LearnTarot.comParanormality.com Dit word soms die beste kaart in tarot genoem; dit verteenwoordig goeie dinge en 'n positiewe einde van huidige worstelings.
Volgens Waite het die kaart verskeie verbintenisse in waarsêery:
19 DIE SON – materiële geluk, 'n gelukkige huwelik, tevredenheid. Omgekeer – dieselfde in 'n mindere mate.
Verwysings
Nog leesstof
Skakels The symbolism of The Sun - how to interpret this card The Sun Tarot Card Explained | Upright & Reversed Meanings
Kategorie:Groot Arcana