Djimon Gaston Hounsou (gebore op 24 April 1964) is 'n akteur wat in Benin, Wes-Afrika, gebore is. Hy het sy loopbaan begin deur in musiekvideo's te verskyn en het sy rolprentdebuut in 1990 in Without You I'm Nothing gemaak. Hy het daarna lof ontvang vir sy rol as Cinqué in Steven Spielberg se rolprent Amistad (1997), waarvoor hy vir 'n Golden Globe vir beste akteur benoem is. Vir sy optrede in In America (2002) en Blood Diamond (2006) is hy benoem vir 'n Oscar vir beste manlike byspeler.

In die Marvel Cinematic Universe vertolk hy die rol van Korath the Pursuer in Guardians of the Galaxy (2014), Captain Marvel (2019) en What If...? (2021). Hy verskyn ook in verskeie prente van die DC Extended Universe. Sy ander noemenswaardige prente sluit in Stargate (1994), Gladiator (2000), Constantine, How to Train Your Dragon 2 (2014) en The Legend of Tarzan (2016).

Hounsou het sy debuut as regisseur gemaak met die dokumentêr In Search of Voodoo: Roots to Heaven (2018).

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense