Die Grusmuur is 'n enorme struktuur van sterrestelsels ('n galaktiese filament) wat in die vroeë heelal gevorm het en in die sterrebeeld Kraanvoël (Grus) geleë is.

Die muur het 'n gemiddelde rooiverskuiwing van z=2,38 en lê sowat 10,8 miljard ligjare van die Melkweg af. Dit is sowat 300 miljoen ligjare lank, wat vergelykbaar is met die lengte van die Groot Muur van Sloan. Die muur lê "loodreg" met die Fornax- en Sculptormuur.Astrophysics and Space Science, Volume 230, Issue 1-2, pp. 225-235 "Large-Scale Structures in the Distribution of Galaxies" 08/1995

Die Grusmuur is in 2003 ontdek deur Povilas Palunas, Paul Francis, Harry Teplitz, Gerard Williger en Bruce E. Woodgate met die gebruik van wyeveldteleskope.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Galaktiese filamente