One Cold Night is 'n akoestiese album deur die Suid-Afrikaanse rockgroep Seether. Die album is op 11 Julie 2006 deur Wind-Up Records vrygestel en is deur Shaun Morgan vervaardig.

Die album is 'n lewendige opname van Seether se 22 Februarie 2006 -konsert gehou in die Grape Street Club, Philadelphia, Pennsilvanië. Die album bestaan uit 12 akoestiese snitte en sluit 'n DVD van die konsert en ander bonusmateriaal in.

Lys en lengte van snitte duimnael|links|Die album se voorblad. "Gasoline" - 2:57 "Driven Under" - 4:58 "Diseased" - 3:46 "Truth" - 5:15 "Immortality" - 5:02 "Tied My Hands" - 5:16 "Sympathetic" - 4:12 "Fine Again" - 5:05 "Broken" - 4:17 "The Gift" - 5:36 "Remedy" - 3:41 "Plastic Man" - 3:34 "The Gift" [Alternatiewe ateljee weergawe] - 4:24

Album musikante Shaun Morgan - Kitaar, stem Dale Stewart - Baskitaar, agtergrond stem John Humphrey - Tromme Pat Callahan - Kitaar

Kategorie:Suid-Afrikaanse albums