duimnael|Franse polisie tydens 'n opstand in Parys op 6 Mei 2007.

'n Opstand of rebellie vind plaas wanneer 'n individu of groep mense teen gesag in verset kom. 'n Opstand wissel van burgerlike ongehoorsaamheid tot gewapende verset. Suksesvolle opstande kan lei tot 'n revolusie of 'n bevryding. Iemand wat in opstand kom heet 'n rebel of opstandeling.

Vorms van opstand Die intensiteit van 'n opstand verskil dikwels en kan strek van 'n plaaslike oproer (onluste) tot 'n burgeroorlog: Burgerlike ongehoorsaamheid, geweldlose verset, soos in Brits-Indië, deur Mahatma Gandhi. 'n Muitery van ondergeskikte militariste teen hulle meerderes. 'n Versetbeweging teen buitelandse oorheersers, soos deur die Fretilin in Oos-Timor. 'n Revolusie of snelle omverwerping van gesag, soos die Oktoberrevolusie in Rusland. 'n Guerrilla-oorlog teen die maghebbers, soos in Kuba deur Fidel Castro en Che Guevara. Volslae oorlog, soos die Warskou-opstand.

Sien ook Ioniese Opstand Revolusiejaar 1848 Maritz-rebellie van 1914 in Suid-Afrika Mau Mau Opstande van 1968 Suid-Afrikaanse onrus van 2021 March and March