Oman Krieket (Engels: Oman Cricket, afgekort “OC”; Arabies: عمان للكريكيت) is die bestuursliggaam wat krieket in Oman beheer. Die beheerliggaam is in 1979 gestig en in Maskat gesetel. Sedert 2013 verteenwoordig dit Oman by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en sedert 2000 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).

Geskiedenis Oman Krieket is in 1979 gestig. In 2000 het dit ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en in 2014 ’n assosiaatlid. Daarbenewens het OC in 2000 ’n lid van die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC) geword.

Taak Oman Krieket organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Oman se nasionale seniorkrieketspan vir mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Oman Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Omaanse span.

Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Oman. Net soos ander krieketlande beskik Oman oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.

Die huisvesting van internasionale toernooie is ook een van hul take. Oman Krieket het saam met die Verenigde Arabiese Emirate die T20I-wêreldbeker 2021 aangebied. Dit was die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur assosiaatlede van die IKR gehuisves is.

Kenteken Oman Krieket se kenteken toon ’n na regs vlieënde rooi krieketbal met vlamme in groen en rooi met die belettering Oman Cricket in Engels onder en Arabies bo.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf van Oman Krieket

Kategorie:Krieket in Oman Kategorie:Krieketbeheerliggaam Kategorie:Internasionale Krieketraad