Oxalis burtoniae is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Paternoster tot by Saldanhabaai voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 472 km² en word bedreig deur ontwikeling aan die kus. Daar word vermoed dat 10% van die spesie die afgelope 10 jaar verlore gegaan het. 'n Ondersoek deur vrywilligers van Custodians of Rare and Endangered Wildflowers-program het vasgestel dat die totale populasie minder as 10,000 plante is en dat geen subpopulasie meer as 1,000 plante het nie.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
burtoniae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika