Oxalis camelopardalis is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Villiersdorp tot by Worcester voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 27 km² en daar is drie subpopulasies. Die een subpopulasie word bedreig deur erosie op die oewers van die Brandvleidam. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
camelopardalis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika