thumb|200px|'n Standbeeld van Simon van Trente, 'n Italiaanse kind vir wie se verdwyning en dood die stad se Jode geblameer is.
Bloedlaster of bloedverdigsels is valse aantygingsTurvey, Brent E. Criminal Profiling: An Introduction to Behavioral Evidence Analysis, Academic Press, 2008, p. 3. "Blood libel: An accusation of ritual murder made against one or more persons, typically of the Jewish faith".Chanes, Jerome A. Antisemitism: A Reference Handbook, ABC-CLIO, 2004, pp. 34–45. teenoor Jode dat hulle Christelike kinders vang en hulle bloed in Joodse rituele gebruik. Die beskuldiging soos dit teen Jode gebruik word, is selde in antieke tye aangetref. Volgens die Romeinse skrywer Tertullianus is dit in die laat oudheid begin gebruik teen lede van die vroeë Christendom van die Romeinse Ryk. Emanuele D'Antonio, Jewish Self-Defense against the Blood Libel in Mid-Nineteenth Century Italy: the Badia Affair and Proceedings of the Castilliero Trial (1855-56), Quest. Issues in Contemporary Jewish History volume 14, 1 pp. 23–47 'n Millennium later, in die Middeleeue, het Christene dit begin gebruik as 'n aantyging teen Jode.Norman Cohn, Europe's Inner Demons, (1975) Paladin Books 1976 pp.1-8.Albert Ehrman, 'The Origins of the Ritual Murder Accusation and Blood Libel, Tradition vol. 14, No. 4 Lente 1976 p. 83 Dié aantyging, tesame met putvergifting en gasheerontheiliging, het van die Middeleeue tot in die moderne tyd 'n belangrike beskuldiging in Europa geword in die vervolging van Jode.
Dikwels word met bloedlaster beweer Jode het menslike bloed nodig vir die maak van matso's, ongesuurde, plat brode wat tydens die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach) geëet word. In vroeëre weergawes is Jode daarvan beskuldig dat hulle die kruisiging namaak. Die beskuldigings sluit dikwels in dat Christelike kinders veral gesog is, en histories is dit gebruik om die verdwyning van baie kinders te verduidelik. In sommige gevalle is die vermeende slagoffers as heiliges vereer, soos William van Norwich, Hugh van Lincoln en Simon van Trente.
Die term "bloedlaster" word ook soms gebruik in verband met ander skadelike beskuldigings met 'n breër betekenis. Dit is egter omstrede, omdat Joodse groepe daarteen beswaar maak.
Geskiedenis Daar was aanvanklik geen beskuldigings dat die bloed van Christelike kinders in matso's gebruik word nie; dit het eers later ontwikkel as 'n groot motivering in die misdaad.Paul R. Bartrop, Samuel Totten, Dictionary of Genocide, ABC-CLIO, 2007, p. 45.
Moontlike voorlopers Die vroegste bekende beskuldiging van bloedlaster is deur 'n man met die naam Damokritus of Demokritus (nie die filosoof nie) wat in die Suda genoem word.BLOOD ACCUSATION in Jewish Encyclopedia. (Richard Gottheil, Hermann L. Strack, Joseph Jacobs). Besoek op 10/31/18. Hy het beweer "die Jode vang elke sewe jaar 'n vreemdeling, bring hom na die tempel in Jerusalem en offer hom deur sy vlees in stukkies te sny."
Die Grieks-Egiptiese skrywer Apion het beweer die Jode offer Griekse slagoffers in hulle tempel. Hy skryf toe Antiochus IV die tempel in Jerusalem binnegaan, het hy 'n Griekse gevangene ontdek wat vir hom vertel het hy word vetgemaak om geoffer te word. Apion het beweer die Jode offer elke jaar 'n Griek en eet sy vlees terwyl hulle haatspreuke teen die Grieke skree.Louis H. Feldman, Jew and Gentile in the Ancient World: Attitudes and Interactions from Alexander to Justinian, Princeton University Press, Princeton, New Jersey, 1993. pp. 126–27. Apion se bewering weerspieël waarskynlik houdings teenoor die Jode wat toe die rondte gedoen het, want soortgelyke bewerings is in die 1ste eeu v.C. deur Poseidonios en ander gemaak.Feldman, Louis H. Studies in Hellenistic Judaism, Brill, 1996, p. 293. Later in die geskiedenis berig Sokrates van Konstantinoepel ( 5de eeu) 'n dronk groep Jode het 'n Christelike kind aan 'n kruis vasgemaak in 'n spottery met die kruisiging en hom gebrand tot hy dood is.
Die Israeliese akademikus Israel Yuval het voorgestel die oorsprong van bloedlaster kom uit die 12de eeu weens Christene se siening van Joodse gedrag tydens die Eerste Kruistog. Sommige Jode het selfmoord gepleeg en hulle kinders doodgemaak sodat hulle nie tot die Christendom bekeer kon word nie. Volgens Yuval het Christene dalk gereken as Jode hulle eie kinders kan doodmaak, kan hulle ook Christelike kinders doodmaak.Two Nations in Your Womb: Perceptions of Jews and Christians in Late Antiquity and the Middle Ages by Israel J. Yuval; translated by Barbara Harshav and Jonathan Chipman, University of California Press, 2006
Oorsprong in Engeland thumb|200px|Die kruisiging van William van Norwich, soos uitgebeeld op 'n kanselskerm in die Heilige Drie-eenheidkerk in Loddon, Norfolk.
In 1144 is die Jode in Norwich, Engeland, valslik beskuldig van die rituele moord op 'n seun, William van Norwich, nadat hy met steekwonde in die woud gekry is. William se hagiograaf, Thomas van Monmouth, het valslik beweer daar is elke jaar 'n internasionale raad van Jode wat kies in watter land 'n kind tydens die Paasfees doodgemaak sal word. Dit sou wees vanweë 'n Joodse voorspelling dat die moord op 'n Christelike kind elke jaar sal verseker dat die Jode na die Heilige Land kan terugkeer. Volgens Monmouth is Engeland in 1144 gekies en het die raad die Jode van Norwich afgevaardig om die moord te pleeg. Hulle het William daarna ontvoer en gekruisig.; Langmuir, Gavin I (1996), Toward a Definition of Antisemitism, University of California Press, pp. 216ff.
Die legende is in 'n kultus omskep, met William wat die status van 'n heilige verkry het en pelgrims wat offerandes na die plaaslike kerk gebring het.
Dit is gevolg deur soortgelyke bewerings in Gloucester (1168), Bury Sint Edmunds (1181) en Bristol (1183). In 1189 is die Joodse afvaardiging wat die kroning van Richard Leeuehart bygewoon het, deur die skare aangeval. Slagtings in Londen en York (1189-'90) het gou daarna gevolg. Op 16 Maart 1190 is 150 Jode in York aangeval en vermoor toe hulle in die koninklike kasteel gaan skuil. Sommige het selfmoord gepleeg eerder as om deur die skare gevang te word. Die oorblyfsels van 17 liggame wat tussen die 12de en 13de eeu in 'n put in Norwich gegooi is, was hoogs waarskynlik deel van dié vervolging. (DNS-toetse het gewys vyf van hulle was waarskynlik lede van dieselfde Joodse gesin.)
Ná die dood van klein sint Hugh van Lincoln was daar verhore en die teregstelling van Jode."The Knight's Tale of Young Hugh of Lincoln", Gavin I. Langmuir, Speculum, Vol. 47, No. 3 (Julie 1972), pp. 459–482. Die agtjarige Hugh het op 31 Julie 1255 in Lincoln verdwyn. Sy liggaam is op 29 Augustus in 'n put ontdek. 'n Jood met die naam Copin of Koppin het beken hy was betrokke. Hy het beken die Jode het die seun gekruisig nadat hulle vir dié doel in Lincoln byeengekom het. Koning Hendrik III, wat begin Oktober in Lincoln aangekom het, het Copin laat teregstel. Altesaam 91 Jode van Lincoln is gevange geneem en na Londen gestuur, waar 18 van hulle tereggestel is. Die res is kwytgeskeld ná die ingryping van monnike.Sien Langmuir (1972), p479; Jacobs, Jewish Ideals, pp. 192–224 Binne 'n paar dekades sou Jode uit die hele Engeland verban word. Hulle is eers in 1657 toegelaat om terug te keer.
Europese vasteland thumb|links|220px|Simon van Trente. Illustrasie in Hartmann Schedel se Weltchronik, 1493.
Nes in Engeland bestaan baie van die bloedlastersake op die Europese vasteland uit onbewese aantygings oor die lyke van Christelike kinders. Daar was na bewering dikwels bonatuurlike gebeurtenisse wat met die verdwynings en lyke verbind is, gebeure wat destyds dikwels as wonderwerke beskou is. Ook, nes in Engeland, het dié beskuldigings gewoonlik gelei tot die teregstelling van talle Jode – soms al die of byna al die Jode op die dorp.
Thomas van Monmouth se storie oor die jaarlike Joodse vergadering om te besluit watter gemeenskap 'n Christelike kind moet vermoor, het vinnig na die vasteland versprei. 'n Vroeë weergawe verskyn in Bonum Universale de Apibus ii. 29, § 23, deur Thomas van Cantimpré ('n klooster naby Cambray in Frankryk). Thomas skryf omstreeks 1260: "Dit is feitlik seker dat die Jode van elke provinsie elke jaar met lootjies besluit watter gemeente of stad Christelike bloed na die ander gemeentes moet stuur." Thomas het ook geglo sedert die tyd toe die Jode na Pontius Pilatus uitgeroep het "Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!" (Matteus 27:25, 1983-vertaling) ondervind hulle bloedings, wat gelyk gestel kan word aan manlike menstruasie.Albert Ehrman, "The Origins of the Ritual Murder Accusation and Blood Libel," Tradition: A Journal of Orthodox Jewish Thought, Vol. 15, No. 4 (Lente 1976): 86 Volgens hom het die Jode geglo net Christelike bloed ("solo sanguine Christiano") sou dit kon genees. Volgens Thomas het die Jode egter dié voorspelling verkeerd verstaan: Die uitdrukking "solo sanguine Christiano" het nie beteken die bloed van enige Christen nie, maar van Jesus – die enigste ware genesing van alle fisieke en geestelike lyding.Albert Ehrman, "The Origins of the Ritual Murder Accusation and Blood Libel," Tradition: A Journal of Orthodox Jewish Thought, Vol. 15, No. 4 (Spring 1976): 88.
Die eerste bekende geval buite Engeland was in 1171 in Blois, Frankryk. Die beskuldiging was teen die dorp se hele Joodse gemeenskap, en het daartoe gelei dat sowat 31-33 Jode (onder andere 17 vroue)Albert Ehrman, "The Origins of the Ritual Murder Accusation and Blood Libel," Tradition: A Journal of Orthodox Jewish Thought, Vol. 15, No. 4 (Lente 1976): 85.Susan L. Einbinder "Pucellina of Blois: Romantic Myths and Narrative Conventions," Jewish History, Vol. 12, No. 1 (Spring 1998): 29 op 29 Mei dié jaar doodgebrand is. Die bloedlaster het gehandel oor R. Isaac, 'n Jood wat deur 'n Christelike dienskneg daarvan beskuldig is dat hy 'n vermoorde Christen in die Loire gegooi het.Susan L. Einbinder "Pucellina of Blois: Romantic Myths and Narrative Conventions," Jewish History, Vol. 12, No. 1 (Spring 1998): 30-31. Die kind se liggaam is nooit gevind nie. Die graaf het sowat 40 volwasse Jode van Blois laat arresteer en hulle is eindelik verbrand. Die verbrande liggame van die veroordeelde Jode het na bewering deur die verbranding ongeskonde gebly, en dit is 'n bekende wonderwerk en heiligemite vir beide Jode en Christene. In dié geval was daar nog nie 'n bewering dat Jode die bloed van Christene nodig gehad het nie.
thumb|200px|'n Skildery van Werner van Oberwesel as 'n heilige. In 1235, nadat die liggame van vyf seuns op Kersdag in Fulda, Hesse, Duitsland, ontdek is, het die dorp se inwoners beweer die Jode het hulle vermoor om hulle bloed te drink. Hulle het 34 Jode verbrand met die hulp van Kruisvaarders wat in dié tyd daar vergader het. Selfs nadat keiser Frederik II die Jode ná 'n ondersoek kwytgeskeld het, het bloedlaster in Duitsland voortgeduur. Op Pforzheim, Baden, het 'n vrou na bewering in 1267 'n meisie aan die Jode verkoop. Hulle het haar glo oopgesny en in die rivier gegooi, waar bootsmanne haar gekry het; die meisie het om wraak geskree en toe gesterf. Die liggaam het na bewering gebloei toe die Jode daarheen geneem is. Die vrou en die Jode het skuld beken en is daarna vermoor.Steven K. Baum, "When Fairy Tales Kill," Journal for the Study of Antisemitism, Vol. 1, No. 2 (2009): 190-191.
In 1270 het 'n beweerde wonderwerk in Weissenburg, Elsas,"Blood Libel," Zionism and Israel – Encyclopedic Dictionary, n.d. http://www.zionism-israel.com/dic/blood_libel.htm. die Jode glo geïmpliseer. 'n Kind se lyk is in die rivier gekry. Die Jode het haar na bewering oopgesny om haar bloed te kry, en sy het vyf dae lank bly bloei.