Messias (HWV 56) is 'n Engelstalige oratorium wat in 1741 deur George Frideric Handel gekomponeer is. Die teks is saamgestel uit die King James Bybel en die Coverdale Psalter,deur Charles Jennens. Dit is die eerste keer in Dublin op 13 April 1742 opgevoer en het sy Londense première byna 'n jaar later ontvang. Na 'n aanvanklik beskeie openbare ontvangs het die oratorium gewild geword en uiteindelik een van die bekendste en mees opgevoerde koorwerke in Westerse musiek geword.
Handel het Messias getoonset vir beskeie vokale en instrumentale kragte, met opsionele toonsettings vir baie van die individuele nommers. Ná sy dood is die werk aangepas vir uitvoering op ’n veel groter skaal en met reuseorkeste en -kore. Ander pogings om dit te moderniseer het behels dat die orkestrasie daarvan hersien en vergroot is, soos Mozart se verwerking daarvan. In die laat 20ste en vroeë 21ste eeue het dit egter wenslik geword om die werk weer volgens Händel se oorspronklike bedoelings uit te voer, hoewel "groot" Messias-produksies steeds uitgevoer word. ’n Byna volledige weergawe is in 1928 op 'n 78 rpm-grammofoonplaat uitgereik; sedertdien is die werk baie keer opgeneem.
Die oermanuskrip van die oratorium word in die British Library bewaar.
Agtergrond Die komponis Handel is in 1685 in Halle, Duitsland gebore. Hy het in 1712 permanent in Londen gaan woon en in 1727 'n genaturaliseerde Britse onderdaan geword. Teen 1741 was sy voortreflikheid in Britse musiek duidelik uit die eerbewyse wat aan hom toegeken is, insluitend 'n pensioen van koning George II, die amp as komponis vir die musiek van die koniklike kapel, en – heel ongewoon vir 'n lewende persoon – 'n standbeeld wat ter ere van hom in Vauxhall Gardens opgerig is.Sien Luckett, bl. 17. Hoewel Handel 'n groot en gevarieerde musikale uitset gelewer het, was hy 'n vurige aanhanger van Italiaanse opera, wat hy in 1711 met sy opera Rinaldo aan Londenaars bekend gestel het. Hy het daarna meer as 40 Italiaanse operas gekomponeer en in Londen se teaters opgevoer.Lynam, P. 2011. Handel, George Frideric. In Latham, A. (red.). Oxford companion to music. Oxford: Oxford University Press. links|duimnael| Die standbeeld wat ter ere van Handel, in Vauxhall Gardens in Londen opgerig is. Dié standbeeld word nou in die Victoria en Albert Museum bewaar. Teen die vroeë 1730's het die publiek se smaak egter teen Italiaanse opera begin draai. Die gewilde sukses van John Gay en Johann Christoph Pepusch se The Beggar's Opera (wat vir die eerste keer in 1728 opgevoer is) het 'n vlaag van Engelse ballade-operas ingelui wat die spot met die pretensies van Italiaanse opera gedryf het.Sien Steen, bl. 55. Weens dalende loketinkomste was Handel se produksies toenemend aangewese op privaat subsidies wat hy van die adelstand gekry het. Dié befondsing het egter minder geword ná die 1730-bekendstelling van The Opera of the Nobility, 'n mededingende operageselskap. Handel het hierdie uitdaging oorkom, maar moes groot bedrae van sy eie geld daaraan bestee.Sien Steen, bl. 57–58.
Hoewel vooruitsigte vir Italiaanse opera aan die afneem was, het Handel aan die genre getrou gebly, maar as alternatief tot sy operas het hy Engelse oratoria begin bekendstel.Sien Burrows (1991), bl. 4. In 1707–1708 in Rome het hy twee Italiaanse oratoria geskryf in 'n tyd toe operaopvoerings in dié stad tydelik kragtens 'n pouslike dekreet verbied is.Sien Burrows (1991), bl. 3. Sy eerste poging as Engelse oratorium was Ester, wat in ongeveer 1718 vir 'n privaat weldoener gekomponeer en uitgevoer is. In 1732 het Handel 'n hersiene en uitgebreide weergawe van Ester by die King's Theatre, Haymarket uitgevoer, waar lede van die koninklike familie die skitterende première op 6 Mei bygewoon het. Die sukses daarvan het Handel oortuig om nog twee oratoria (Deborah en Athalia) te kompneer. Al drie oratoria is in die middel van 1733 by die Sheldonian-teater in Oxford, voor groot en vleiende gehore, uitgevoer. Voorgraadse studente het glo hul meubels verkoop om die vyfsjielingskaartjies te kan bekostig.Sien Luckett, bl. 30.
In 1735 het Handel die libretto vir 'n nuwe oratorium genaamd Saul van die librettis Charles Jennens ontvang. Jennens was 'n ryk grondeienaar wat in musiek en die letterkunde belanggestel het.Sien Luckett, bl. 33. Handel was egter steeds grootliks met opera gemoeid, en dit was eers in 1738 dat hy Saul getoonset het, in voorbereiding op die 1738/1739-teaterseisoen. Dié werk, wat in Januarie 1739 by die King's Theatre gepremière het, is vinnig opgevolg deur die minder suksesvolle oratorium Israel in Egipte (waarvan die libretto moontlik ook deur Jennens voorberei is).Sien Luckett, bl. 38–41. Hoewel Handel nie opgehou het om operas te komponeer nie, kon die tendens ten gunste van Engelse produksies teen die einde van die dekade nie gekeer word nie. Na drie opvoerings van sy laaste Italiaanse opera, Deidamia, in Januarie en Februarie 1741, het Handel dié genre vir goed laat vaar.Burrows (1991), bl. 6–7. In Julie 1741 stuur Jennens 'n nuwe libretto vir 'n oratorium aan hom. In 'n brief gedateer 10 Julie aan sy vriend Edward Holdsworth skryf Jennens: "Ek hoop dat [Handel] sy genialiteit en vaardighede hierop sal uitstort sodat dié komposisie al sy vorige komposisies kan oortref, aangesien die tema elke ander tema oortref. Die tema is [die] Messias".Sien Burrows (1991), bl. 10–11.
Opsomming
In die Christelike teologie is die Messias die Redder van die mensdom. "Messias" (Māšîaḥ) is 'n Ou Testamentiese Hebreeuse woord wat 'die Gesalfde' beteken. In die Nuwe Testament is dit Christus, 'n titel wat aan Jesus van Nasaret gegee is. Hy was aan sy volgelinge bekend as Jesus Christus. Handel se Messias word deur die vroeëmusiekvakkundige Richard Luckett beskryf as " 'n kommentaar op [Jesus Christus] se geboorte, lyding, opstanding en hemelvaart , wat begin met God se belofte wat hy aan die profete geopenbaar het, en eindig met Christus se verheerliking in die hemel.Sien Luckett, bl. 76–77. In teenstelling met die meeste ander van Handel se oratoria neem die sangers geen dramatiese rolle aan nie. Daar is geen enkele, dominerende stem nie, en daar word bittermin van aangehaalde dialoog gebruik gemaak. Jennens se intensie met die libretto was nie om die lewe en leerstellings van Jesus te dramatiseer nie, maar om die "misterie van goddelikheid" te besing deur 'n samevoeging van uittreksels uit die King James Bybel en uit die Psalms wat in die Book of Common Prayer van 1662 ingesluit is.Sien Luckett, bl. 73.
Die driedelige struktuur van die werk kom byna ooreen met dié van Handel se driebedryfoperas, met die dele wat Jennens in "tonele" onderverdeel het. Elke toneel is 'n versameling van losstaande nommers of "bewegings" wat die vorm van resitatiewe, arias en koorwerke aanneem.Sien Burrows (1991), bl. 55–57. Daar is twee instrumentale nommers, naamlik die openingsimfonie (waarvan die beskrywing "simfonie" in Handel se handskrif voorkom) in die styl van 'n Franse overture; en die pastorale Pifa in die middel van deel twee, wat dikwels die "pastorale simfonie" genoem word.Sien Burrows (1991), bl. 73–74.
In deel een word die Messias se koms en die maagdelike geboorte deur die Ou Testamentiese profete voorspel. Die aankondiging van die geboorte van die Christus aan die herders word getoonset op die woorde van Lukas. Deel twee handel oor Christus se lyding, dood, opstanding en hemelvaart, die eerste verspreiding van die evangelie deur die wêreld, en 'n onomwonde verklaring van God se heerlikheid, wat in die "Halleluja"-koorwerk saamgevat word. Deel drie begin met die belofte van verlossing, gevolg deur 'n voorspelling van die dag van oordeel en die "algemene opstanding", en eindig met die finale oorwinning oor die sonde en die dood, en die verheerliking van Christus.Luckett, bl. 79–80. Volgens die musikoloog Donald Burrows is groot dele van die teks só sinspelend dat dit onverstaanbaar kan wees vir mense wat nie die Bybelse gebeure ken nie.Sien Burrows (1991), bl. 55–57. Tot voordeel van sy gehoor het Jennens 'n pamflet gedruk en uitgereik waarin hy die redes vir sy keuse van skriftuurlike gedeeltes verduidelik.
Geskiedenis skryf
Libretto duimnael| 'n Portret van Charles Jennens deur Thomas Hudson van om en by 1740, wat nou in die Handel House Museum bewaar word. Charles Jennens is omstreeks 1700 gebore as deel van 'n welvarende familie wat groot dele grond besit het. Jennens het uiteindelik groot dele van hul grond en eiendomme in Warwickshire en Leicestershire geërf. Sy godsdienstige en politieke sienings – hy was gekant teen die Act of Settlement van 1701 ingevolge waarvan die Huis van Hanover die Britse troon bestyg het – het hom verhinder om sy graad aan Balliol College (Oxford) te ontvang of om enige tipe openbare loopbaan te volg. Sy familie se rykdom het hom egter in staat gestel om 'n ontspanne lewe te lei terwyl hy hom aan sy literêre en musikale belangstellings kon toewy.Sien Burrows (1991), bl. 9–10. Hoewel die musikoloog Watkins Shaw Jennens afmaak as 'n verwaande figuur met geen spesiale vermoë nie,Sien Shaw, bl. 11. is Burrows van mening dat daar geen twyfel in Jennens se musikale geletterdheid kan wees nie. Jennens was beslis toegewyd aan Handel se musiek, want hy het gehelp om die publiseringe van elke Handel-partituur sedert Rodelinda in 1725 te finansier.(subscription) Teen 1741, ná hulle saam aan Saul gewerk het, het 'n warm vriendskap tussen die twee ontwikkel, en Handel was 'n gereelde besoeker aan die Jennens-familielandgoed by Gopsall.
Jennens se brief aan Holdsworth van 10 Julie 1741 waarin hy Messias vir die eerste keer noem, gee te kenne dat die libretto 'n onlangse werk was – dit is waarskynlik vroeër daardie somer saamgestel. As 'n toegewyde Anglikaan en iemand wat in skriftuurlike gesag glo, was Jennens van plan om voorstanders van Deïsme uit te daag, wat die leerstelling van goddelike ingryping in menslike aangeleenthede verwerp het.Sien Luckett, bl. 76–77. Shaw beskryf die teks as 'n meditasie oor ons Here as Messias in Christelike denke en geloof, en sy bedenkinge oor Jennens se karakter ten spyt, gee hy toe dat die voltooide libretto op 'n werk van genialiteit neerkom.Sien Shaw, bl. 11. Daar is geen aanduidings dat Handel enige aktiewe rol in die keuse of voorbereiding van die teks gespeel het nie – anders as in die geval van Saul. Dit blyk eerder dat hy geen behoefte gehad het om enige beduidende veranderinge aan Jennens se werk aan te bring nie.Sien Burrows (1991), bl. 10–11.
Die toonsetting van Messias is binne 24 dae voltooi. Nadat hy Jennens se teks iewers ná 10 Julie 1741 ontvang het, het Handel op 22 Augustus daaraan begin werk. Sy rekords toon dat hy deel een in hooftrekke teen 28 Augustus voltooi het; deel twee teen 6 September; en deel drie teen 12 September. Daarna het hy twee dae daaraan bestee om die werk af te rond voordat hy die voltooide werk op 14 September gelewer het. Jennens het dié enorme pas wat hy gehandhaaf het egter nie as 'n teken van ekstatiese energie beskou nie, maar eerder as agtelose nalatigheid. Dit het die verhouding tussen die twee vertroebel, aangesien Jennens Handel aangespoor het om verbeterings aan te bring, terwyl die komponis hardnekkig geweier het.Sien Glover, bl. 317. Die getekende partituur se 259 bladsye toon 'n paar tekens van haas, soos inkvlekke, uitkrappings, ongevulde notebalke en ander ongekorrigeerde foute, maar volgens die musiekgeleerde Richard Luckett is die aantal foute merkwaardig klein vir 'n dokument van hierdie lengte.Sien Luckett, bl. 86. Die oermanuskrip vir Messias word nou in die British Library se musiekversameling bewaar. Dit is getoonset vir soliste, koor, twee trompette, keteltromme, twee hobo's, twee viole, altviool en basso continuo.